Duane se vertoning laat Ulster-breier glimlag

Steven Kitshoff en Duane Vermeulen vier Suid-Afrika se oorwinning teen Nieu-Seeland. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

As daar een speler is wat weet wat dit verg om in ’n drukkoker-situasie te presteer, dan moet dit Duane Vermeulen wees.

Die 35-jarige losvoorspeler het sy beste vir laaste in die Rugbykampioenskap gelos toe hy Saterdag ’n strafskop láát in die epiese toets teen die All Blacks bewerkstellig het.

Vermeulen se welkome ingryping het nie net die bal aan die rol vir ’n uiteindelike Springbok-oorwinning gesit nie, maar die Suid-Afrikaners is ook weer die wêreld se voorste rugbyspan.

“Hy was nogal indrukwekkend, nie waar nie?” het ’n opgewonde Dan McFarland (Ulster-afrigter) gesê.

“’n Toets tussen die Springbokke en die All Blacks is ongetwyfeld die grootste wedstryd op die internasionale rugbykalender. En om met só ’n vertoning in die laaste vyf minute van die kragmeting vorendag te kom, sit nie in enigiemand se broek nie.”

Vermeulen het onlangs ’n kontrak tot 2023 met Ulster onderteken en hy sal hom ná die Springbokke se Europese toetse by sy nuwe span aansluit.

“Duane is ’n wonderlike speler, hy is die agtsteman van die verdedigende wêreldkampioenspan én die speler van die wedstryd in die eindstryd van die 2019-Wêreldbekertoernooi. Sy ervaring sal ongetwyfeld van groot waarde wees,” het McFarland destyds gesê.

Die span van Belfast het die afgelope naweek vir Zebre met 36–3 in die Verenigde Rugbykampioenskapreeks afgeransel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Ek het nogal na Saterdag se wedstryd geglimlag toe ek sien Duan is die enigste speler wat nie drukkies uitgedeel het nie. Hierdie gespring en drukkies op die veld laat mens wonder. In enige beroep word sukses met ‘n handdruk erken.Al gedink as amptenare bespring word indien hulle ‘n transaksie beklink het? Ag nee, geagte rugby spelers,julle is mos nou regtig nie graad 2 dogtertjies wat mekaar omhels nie. Wie kan nog onthou dat die bokke onder Heyneke Meyer mekaar net op die bok embleem met hulle handpalms gedruk het waneer hulle punte aangeteken het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.