Eilandmanne verrinneweer Blitsbokke in LA

Die Blitsbokke het met 45 – 5 teen Samoa verloor. Foto: Twitter.

Dinge het glad nie volgens plan vir die Blitsbokke in Los Angeles verloop nie en hulle het sleg teen Fidji (28–7 in die bekerkwarteindstryd) en teen Samoa (45–5 in ’n uitspeelwedstryd om die vyfde plek) verloor.

Ja, die gure weer het die spel moeilik gemaak, maar sou die Suid-Afrikaners in hul sewesgloriedae só sleg verloor het? Waarskynlik nie.

Hulle het nou na die derde plek op die amptelike punteleer teruggeval, terwyl Nieu-Seeland hul houvas op die reeks verstewig het toe hulle vir Argentinië in die bekereindstryd met 22–12 geklop het.

Wat veral kommerwekkend vir die Blitsbok-bestuur moet wees, is dat die spelers eintlik heel skaflik in die vorige toernooie in Hamilton en Sydney gespeel het. Dit is inderdaad soos wat Jak de Priester sing – daar is ’n fyn lyn tussen hero en zero.

Die Suid-Afrikaners sal egter vinnig hul sokkies moet optrek; die volgende toernooi begin op 3 Maart in Vancouver.

Sewespunteleer:

  1. Nieu-Seeland: 107 punte
  2. Argentinië: 86 punte
  3. Suid-Afrika: 86 punte
  4. Fidji: 84 punte
  5. Samoa: 81 punte
  6. Australië: 77 punte
  7. Frankryk: 76 punte
  8. VSA: 69 punte
  9. Ierland: 68 punte
  10. Groot-Brittanje: 47 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

Blitsbokke begin nou ‘n verleentheid word. Eilandmanne bly hul nagmerrie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.