Etzebeth sal Bokke teen Wallabies lei

Marcell Coetzee is saam met spelers soos Frans Steyn en Cobus Reinach op die bank. Foto: GB Jordaan.

Rassie Erasmus het sy Springbokspan vir die eerste toets in die verkorte Rugbykampioenskap teen Australië in Johannesburg bekendgemaak.

Eben Etzebeth sal die kapteinskoene in die plek van die beseerde Siya Kolisi dra, terwyl spelers soos Marcell Coetzee, Frans Steyn en Cobus Reinach hul welkome terugkeer tot die span maak.

Rynardt Elstadt is in die beginspan ingesluit en sal die lostrio saam met Francois Louw en Pieter-Steph du Toit vorm.

Lood de Jager – wat verlede week sy terugkeer tot rugby in ’n Curriebekerwedstryd gemaak het – sal saam met Etzebeth in die lynstane rank.

Die Jantjies-duo – Elton en Herschel – sal die nommertien- en nommernege-truie dra.

  • Die wedstryd skop Saterdag om 17:05 op Emirates Airline Park af.

Springbokke: Warrick Gelant (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Francois Louw (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Rynardt Elstadt (flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot en kaptein), Trevor Nyakane (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Schalk Brits, Lizo Gqoboka, Vincent Koch, Marvin Orie, Marcell Coetzee, Cobus Reinach, Frans Steyn, Dillyn Leyds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

bjsmit ·

nie eers die lugdruk gaan hulle help nie hiers groot verloor aan dir kom

LR ·

Ai tog die kwotas ding gaan ons moontlik laat verloor. n’ Snaakse span.

Andre ·

Die span kry 10 uit 10 vir voldoening aan die kwotastelsel . Kom ons kyk na die scoreboard

Rudi ·

Wat van Kwagga. Hoekom kry die beste los voorspeler in die wereld nie n kans nie?

kolla ·

15 spelers wat teen die AB’s gaan speel, is reeds NZ toe gestuur. Moenie te opgewonde raak oor hierdie spankeuse nie. Nogtans nie te sleg nie, reserwebank lyk goed.

Kerneels ·

Maak sin, kolla maar wat van skakelpaar vi saterdag? Erg onder verdenking

At ·

Etzebeth is nie ‘n kaptein nie. Span oorlaai met ou manne en onderpresteerders.

JohanL ·

PSdT verkies flank, alhoewel hy slot ook kan speel. In watter posisie hy die beste vertoon is seker maar elkeen se opinie.
Elstadt het ook al verskeie kere flank gespeel. Die twee saam is wel moontlik ‘n snaakse keuse.

Pieter ·

Die Ngunis het net een van twee moontlike uitslae vir die wedstryd, sleg verloor of baie sleg verloor.

Jan ·

Ek hoop Rassie weet wat hy doen!? Na ons krieket fiasko maak net ons netball span en n paar atlete ons opgewonde. Hy moenie met ons rugby mors nie!!!

Nico ·

Go Aussies! Ek ondersteun NIE ‘n span vol oorseese huur soldate nie. Slimjan begin weer sois verlede jaar met spanne skei. Hy het sy gæt gesien. Dit gaan weer hierdie seisoen so wees. Die All Blacks gaan seker al sy wedstryde met hul beste span begin ongeag van hul reis skedule.

Jimmy ·

Dis waarom die AB weer wêreldkampioene sal word. Om ‘n AB te word bly spesiaal. Spelers wat in die buiteland speel word nie eers oorweeg nie. Rassie hier soek altyd die kortpad. Hy was maar ‘n mislukking by Munster.

Gert van Wierdapark ·

Nes die geval met die Proteas was, is daar ‘n paar oortollige passasiers wie se rakleeftyd vir Toetsrugby al verby is.

Niklaas ·

Nouja , voor almal te negatief raak oor die kwota span se kanse , laat ons hoop op ‘n verrassing. Maar daar is vreemde spankeuses. Dalks weet ou Rassie iets wat ons nie weet nie. Onthou , die Super rugby spanne van Aus was nie te waffers vroeer vanjaar nie. Ons kwota kerels kan dalks net die pyp rook teen Australië

DeVill ·

Sterkte aan die Proteas vir Saterdag se wedstryd teen Australië, julle gaan dit nodig hê!

PIETA ·

Hierdie span sal die All Blacks loshande wen. die beste ooit. SA52 AUS 5

Lekker Piet ·

Lekker PIETA – stem saam. Met die Aussies se enigste drie ‘n sg “consolation try” in die doodsnikke van die wedstryd. :) :)

Pietman ·

Twee slotte op flank? fout. Nyakane?Orie? Mbonambi? almal kwotas. Lood de Jager ook al lankal nie meer op vorm nie.

kolla ·

Elstadt is nie ‘n slot nie. Omtrent al sy wedstryde vir WP en Stormers as flank en agsteman gespeel.

Stier ·

Elstadt is ‘n slot wat flank toe geskuif was vir die Weer Probeer. Agv ons vinnige velde het hy gesukkel en moes gaan flank speel op die stadige Europese velde. Hooper en kie gaan hom vir breakfast eet Saterdag. Verkeerde keuse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.