Foto’s: All Blacks slaan terug in Johannesburg

Die All Blacks het die tweede wedstryd van hul Suid-Afrikaanse safari op Ellispark gewen. Foto: GB Jordaan.

Die All Blacks het gister in Johannesburg gewys dat hulle steeds gedugte teenstanders is toe hulle die Springbokke met 35 – 23 op Ellispark ore aangesit het.

Sam Cane se span was goed op die aanval – danksy Richie Mo’unga en Rieko Ioane – terwyl Jordie Barrett se spel ook die Springbokke se lugaanvalle belemmer het.

Ja, daar sal Springbok-ondersteuners wees wat oor Luke Pearce se skeidsregtervertoning sal kopkrap, maar uiteindelik het die Suid-Afrikaners ook dinge vir hulself moeilik gemaak.

Die lynstane het gesukkel, terwyl die verdediging ook nie so rotsvas soos verlede week in Nelspruit was nie. Terselfdertyd sou dit ook baie meer goed as kwaad gedoen het as Malcolm Marx in die opdrafspan was.

Maar ’n mens kan nie fout met die ondersteuners se passie vind nie en meer as 61 000 geesdriftige toeskouers het Ellispark volgepak.

Maroela Media se GB Jordaan was daar om die aksie vas te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

krodedil ·

Nie as jy jou rugby reels ken nie.
Reels verander gereeld maar die ondersteuners lees dit nie op nie en leer dit nie. Dan word die ref gewoonlik die sonnebok en dra die skuld vir alles.

krodedil ·

Bok ondersteuners raak suurder by die dag as hulle al kla dat rugby ‘n groot klug is.

krodedil ·

Stem in ‘n mate saam maar een ding wat uitstaan is dat die huidige bok spelers te oud en stadig word. Hulle is baie langs die kantlyn met beserings wat lank vat om te herstel. Raak onslae van die ou hasbeen manne want daar is baie goeie nuwe jong spelers wat net so goed is. ‘n Span word nie gebou deur een seisoen saamspeel nie.

MakersMark ·

Dink nie miljoene ondersteuners nie. Dalk so paar maori wannabees uit die kaap en so drie of vier ongelukkiges agter die boerewors gordyn. En die “mighty” weet ek ook nie. Bokke was so 50% van hul beste op Mbombela. Het die all blacks hul gedomineer soos hul die all blacks het….nee wat.

Pieter9 ·

Ons het die spelers maar kan nie teen die AB eksperimenteer nie. Twee; Bokke het nog nie die vermoë om spanne te ‘bere’ nie. Drie; die AB sal, indien ons nie aanpas nie, oor die volgende 5 jaar steeds 90% van hul wedstryde teen die Bokke wen want ons verdwyn die laaste 10 minute van elke toets teen hulle, (met ‘n 10% uitsondering).

Stephen ·

Raak net ontslae van daai no 9 wat die wedstryd man alleen verloor het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die 30 plussers raak weekliks meer en meer. Bring jonger bloed in. Andre Venter se laaitie is beter as Dweba.

piet ·

Stem saam dat jonger spelers meer kans moet kry maar ek dink hulle wil aankarring met ou hout tot die wereldbeker (wat ek dink ‘n fout gaan wees). Venter was nie eers die eerste keuse by die Stormers nie en dan moet hy nog ‘n trappie opbeweeg na toetsvlak. Hy sal eers moet wys in provinsiale wedstrtyde dat hy kop en skouers beter as ander hakers is in die land en so sy plek verdien in die Bok-span. Tans, nee.

JN ·

Mnr nienaber sal maar moet leer jy speel jou bestes van die begin af en doen nie proeflopies teen die Abs met groentjies nie.
Ou Dweba in 29 minute af nadat hy man alleen die springbokke verwoes het met skewe ingooie en dom tegniese foute in die skrum, genade.
As die Abs ontneem word van momentum en druk word toegepas sukkel hul en maak foute.
As jy dan wil help om die Abs momentum te gee is jou doppie so te se geklink en om dom foute soos skewe lynstaan ingooie op die Abs se doellyn te verbrou is onverskoonbaar.
Hoekom die bal ook elke keer reg die lug in skop met miskien n 10meter gebieds voordeel maar om die kans te staan om dit te verloor en dit op jou eie kwartgebied? Wat dink JH? Kan die Springbokke regtig kompeteer teen die Barrets en Jordan en as Sbokke die wel lugskoppe kompetiese verloor is die Abs reg op jou voorstoep.
As jy wil skop skop dan eerder diep en probeer kompeteer op die hoë bal nader aan hul gebied of mik vir uit skop met gebieds voordeel.
Verstaan nie!

Kobus ·

Dan het die all blacks ook dom foute gemaak met die skrums.Nuwe reel wat ingekom het.Die all blacks was net die betere span gewees op die dag soos die springbokke laasweek was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.