Foute, dissipline kos Blitsbokke plek in halfeind

Vier uit vier keer het die Blitsbokke in Londen 12 punte aangeteken. Sondag was dit vir die tweede opeenvolgende keer nie genoeg nie en is hulle in die kwarteindronde uitgeskakel.

Engeland het ná die eindtoeter met goeie geduld en opsies die wenbeweging gebou en met 17-12 gewen.

Dit is die tweede keer dat die Blitsbokke nie die halfeind kon haal nie. Hulle was agt keer in die halfeind en het vyf keer die toernooititel gewen.

♦  Swak oordeel by minstens twee geleenthede het die Blitsbokke in Sondag se halfeind van moontlike drieë weerhou, en van die eerste 13 duikslae wat hulle moes maak was sewe onsuksesvol.

Hulle is ook gans te dikwels by die afbreekpunte gestraf, hoewel sommige van die strafskoppe in die faset ietwat verdag gelyk het.

Suid-Afrika was in die toernooi ongetwyfeld nie heeltemal aangeskakel nadat hulle verlede week reeds die reekstitel beklink het nie.

Die verlies van feitlik tien spelers weens beserings en kontraktering vir Superrugby was seker ook bydraend as ʼn mens die laaste paar toernooie in oënskou neem.

♦  Die Blitsbokke speel om 15:26 teen Argentinië in die uitspeelwedstryde van die verloorspanne uit die kwarteindronde om posisie en punte vir die reeks te bepaal.

Halfeindstryde –

15:48 – VSA vs Skotland
16:10 – Engeland vs Kanada

♦  Die eindstryd is om 18:57

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Kyk as selfs die kommentators daar sommige beslissings teen die Blitzbokke,as ‘harsh’ beskryf,moet jy weet dat jy nie net teen ‘n vyandige skare maar ook ‘n eenoog soekeisdregter speel.

Snaaks alhoemeer skeidsregters ook plaaslik,begin swig onder tuisskare druk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.