Gatland trek sy snoeiskêr nader

Josh Adams op pad na een van sy vier drieë teen die Johannesburgers . Foto: Christiaan Kotze/AFP.

Warren Gatland het ses veranderinge aan sy beginspan vir die beslissende toets teen die Springbokke aangebring. Die Leeus het verlede week met 27 – 9 teen die tuisspan vasgeval en hulle moet hierdie wedstryd wen as hulle vir die reeksnederlaag van 2009 wil vergoed.

Josh Adams, die Walliese driedrukmasjien, kry onder meer sy kans op regtervleuel en sal ’n gevaarlike agterste driehoek saam met Liam Williams en Duhan van der Merwe vorm.

Dan is die man wie se driedrukpoging deur Siya Kolisi op die doellyn gefnuik is, Robbie Henshaw, saam met Bundee Aki die senterpaar met Ali Price wat die nommernegetrui sal dra.

Kyle Sinckler se tugverhoor is vandag en hy is voorlopig op die plaasvervangersbank ingesluit. Indien bevind word dat hy wel vir Franco Mostert in die tweede toets gebyt het, word hy deur ’n minimum skorsing van 12 weke in die gesig gestaar.

“Daar is geen verskonings vir verlede week nie. Die Springbokke het ons onder druk in die tweede helfte geplaas en hulle het verdien om te wen. Ons sal baie beter in die laaste 40 minute moet vertoon en ek glo ons kan dit doen,” het Gatland gesê.

Volgens die Leeus-afrigter het die 23 spelers Saterdag die unieke geleentheid om ’n toetsreeks in Suid-Afrika te wen en hy is vol vertroue dat hulle die knoop sal kan deurhaak.

Alun Wyn Jones het juis vroeër gewaarsku dat ’n gewonde Leeu dalk gevaarliker as ’n gekweste Springbok is.

Britse en Ierse Leeus: Liam Williams (heelagter), Josh Adams (regtervleuel), Robbie Henshaw (buitesenter), Bundee Aki (binnesenter), Duhan van der Merwe (linkervleuel), Dan Biggar (losskakel), Ali Price (skrumskakel), Jack Conan (agtsteman), Tom Curry (flank), Courtney Lawes (flank), Alun Wyn Jones (kaptein en slot), Maro Itoje (slot), Tadhg Furlong (stut), Ken Owens (haker) en Wyn Jones (stut). Plaasvervangers: Luke Cowan-Dickie, Mako Vunipola, Kyle Sinckler, Adam Beard, Sam Simmonds, Conor Murray, Finn Russell en Elliot Daly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Te veel “rugby kenners” wat drieë feeste wil sien in toetswedstryde. Watter wêreldbeker einstryd het so iets opgelewer? Toetsrugby gaan oor wen. Nie om ‘n applous te kry vir ‘n “aantreklike verloor” nie. Bokke met ‘n reuse en fisiese pak, goeie skopwerk en uitstekende lakwerk het die tipe rugby vervolmaak. So, hulle “play to their strength” en waarom nie? Die wat beweer die bok agterlyn is een dimensioneel gaan kyk weer na daai twee skoppies……dit was briljant. In elk geval om 27 punte in so taai toets aan te teken is uitstekend. Vir die wat wilde hardloop rugby wil sien kyk skoolrugby. Soos oom Boy Louw gesê het ” looks at the scoreboard”.

Frank ·

Jammer dat drie van ons beste spelers nie kan speel nie (Faf, Pieter-stef en Duane), maar……… bring it on!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.