GB: reeks moet PE Polisie se groei meet

pe polisieSy deelname aan die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker sal as maatstaf dien om Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) se groei die afgelope tyd te meet.

Marius van der Walt, die klub se hulpafrigter, het aan Pale Toe! gesê Polisie is “versigtig optimisties” dat hy die uitspeelwedstryde kan haal.

“Ons voorbereiding het goed afgeloop en ons is gereed vir die Bloemfonteinse Bobbies op 10 September.

“Polisie het `n paar gesoute spelers aan beserings verloor, maar die res is fiks en slaggereed.”

Van der Walt sê die Goue Bekerreeks sal die groep se diepte deeglik toets.

Hy glo die Bobbies se baie gebalanseerde span “wat ervaring en jeug saamgooi”, tel in sy guns.

“Ons sien uit na `n opwindende en uitdagende reeks.”

Frats-loting

♦`n Frats-loting het daartoe gelei dat al vier Polisiespanne in die reeks – Port Elizabeth, Pretoria, Bloemfontein en Oos-Londen – in dieselfde groep (D) beland het.

In `n merkwaardige sameloop van omstandighede was dit so hitete vyf uit vyf “polisiespanne”. Sishen, die vyfde span in die groep, het Kimberley 10-6 in `n strawwe Griekwa-eindstryd geklop. Kimberley het tot verlede jaar nog as Kimberley Polisie bekend gestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.