Ier kry meer stemme as Eben

Eben Etzebeth op die aanval. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Rugbyondersteuners het beslis dat Ierland se Caelan Doris die beste speler van die pasvoltooide Autumn Nations-reeks is.

Die 23-jarige losvoorspeler van Leinster het 26% van die stemme gekry nadat hy ’n sleutelrol in die Iere se spogvertoning teen die All Blacks in Dublin gespeel het.

Hy is as die speler van die wedstryd aangewys nadat hy 84 m met die bal in die hand gevorder het, twee verdedigers na lug laat gryp het en 12 suksesvolle duikslae uitgevoer het.

Dan het hy ook ’n baie belangrike drie in die tweede helfte gedruk.

Kort op sy hakke was Suid-Afrika se Eben Etzebeth wat 22% van die stemme verkry het.

Die vurige slot het ’n barshou in die Springbokke se laaste toerwedstryd teen Engeland op Twickenham gespeel: Hy het 46 m met die bal gevorder, terwyl hy 13 Engelsmanne met sy plettervatte in hul spore gestuit het.

Daarbenewens was hy ook ’n kolos in die Suid-Afrikaners se oorwinnings teen Wallis en Skotland en hy was die enigste speler uit die Suidelike Halfrond wat vir die toekenning benoem is.

Uitslae:

  1. Caelan Doris 26%
  2. Eben Etzebeth 22%
  3. Freddie Steward 20%
  4. Antoine Dupont 14%
  5. Marcus Smith 10%
  6. Romain Ntamack 8%

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.