Jhb’ers kies hul span vir Leeus-wedstryd

Rabz Maxwane op die aanval (Foto: GB Jordaan)

Ivan van Rooyen het sy span gekies om Saterdag sake teen die Britse en Ierse Leeus in Johannesburg uit te spook. En ’n paar van die plaaslike vyftiental se hardebaarde is terug vir die wedstryd.

Burger Odendaal sal op binnesenter begin, terwyl die opwindende Jordan Hendrikse die nommertientrui sal dra.  Sti Sithole, Carlu Sadie en Morné van den Berg sal van die impakspelers op die plaasvervangersbank wees.

“Dit is so ’n groot geleentheid vir almal wat betrokke is. Net ’n klein groepie spelers het die voorreg om teen die Britse en Ierse Leeus te speel en ek hoop hulle vat net ’n tydjie om alles in te neem,” het Van Rooyen gesê.

Op sy beurt het die Britse en Ierse Leeus se Warren Gatland vir Stuart Hogg as sy kaptein vir die kragmeting aangewys, terwyl Owen Farrell op senter Odendaal se direkte teenstander sal wees.

  • Die wedstryd sal Saterdag om 18:00 begin en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Sigma Lions: EW Viljoen (heelagter), Jamba Ulengo (regtervleuel), Manuel Rass (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rabz Maxwane (linkervleuel), Jordan Hendrikse (losskakel), Dillon Smit (skrumskakel), Francke Horn (kaptein en agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Sbusiso Sangweni (flank), Reinhard Nothnagel (slot), Ruben Schoeman (slot), Ruan Dreyer (stut), PJ Botha (haker) en Nathan McBeth (stut). Plaasvervangers: Jaco Visagie, Sti Sithole, Carlu Sadie, Ruhan Straeuli, Emmanuel Tshituka, Morné van den Berg, Fred Zeilinga en Dan Kriel.

Britse en Ierse Leeus: Stuart Hogg (kaptein en heelagter), Louis Rees-Zammit (heelagter), Chris Harris (buitesenter), Owen Farrell (binnesenter), Josh Adams (linkervleuel), Finn Russell (losskakel), Ali Price (skrumskakel), Taulupe Faletau (agtsteman), Hamish Watson (flank), Courtney Lawes (flank), Jonny Hill (slot), Maro Itoje (slot), Kyle Sinckler (stut), Jamie George (haker) en Wyn Jones (stut). Plaasvervangers:  Luke Cowan-Dickie, Mako Vunipola, Zander Fagerson, Iain Henderson, Sam Simmonds, Gareth Davies, Bundee Aki en Elliot Daly.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Kyle Sinclair gaan uitvind dat ons voorry stoorkaner nog vol is :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.