Jones kla oor ‘halfgebakte’ Springbokspan  

Die Wallabies se afrigter, Eddie Jones. (Foto: Ian Kington / AFP)

Suid-Afrika se spankeuse vir die Rugbykampioenskap is ʼn groot irritasie vir Australië se afrigter Eddie Jones.

Volgens Jones wou die Wallabies teen ʼn volsterkte Springbokspan op Loftus Versfeld in Pretoria te staan kom.

Die span vir Saterdag se wedstryd sluit nege van die 23 spelers in wat Engeland in Japan geklop het om die 2019 Wêreldbeker te wen.

Agt spelers van die 2019-eindgroep is Nieu-Seeland toe waar hulle sal akklimatiseer vir die toets op 15 Julie.

“Ek het gehoop vir hul beste span. Ek wil nie teen ʼn halfgebakte Springbokspan wen nie,” het Jones aan verslaggewers in Sydney gesê.

Springbok-afrigter Jacques Nienaber en Rassie Erasmus, Saru se direkteur van rugby, het egter ʼn ander koers ingeslaan.

“Uit die staanspoor was ons plan om ʼn groep te kies wat ons glo Australië kan klop,” sê Nienaber.

“Ons het gekies om terselfdertyd ʼn groep spelers te kies wat na Nieu-Seeland kan reis en ons sodoende die beste kans gee om goed te vaar in albei wedstryde.”

Duane Vermeulen sal Saterdag die span lei en die voormalige Ierse slot Jean Kleyn sal sy debuut vir die Springbokke maak.

Die Bokke wil Saterdag seëvier ten einde ʼn positiewe toon aan te gee vir ʼn seisoen wat hulle hoop sal eindig met die verdediging van hul titel.

Suid-Afrika sal in Augustus ook drie opwarmingswedstryde speel teen Argentinië in Buenos Aires, Wallis in Cardiff en Nieu-Seeland in Londen.

Die driemalige wêreldkampioene pak dan vir Skotland op 10 September in hul eerste Wêreldbeker-Poel B-wedstryd, gevolg deur wedstryde teen Roemenië, Ierland en Tonga.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Leon ·

Springbokke het klaar verskoning vir Saterdag se verloor (Aussies het teen SA (b) span gespeel). Gaan uiters swak verskoning wees

Kobus ·

Die span kan enige span wen. Goeie span keuse. Al is dit nie die beste span nie.Baie talent en ondevinding

piet ·

Sonder ons inspirerende kaptein is die Bokke kwesbaar. Behalwe die voorry, dink ek ons gaan sukkel voorlangs, te lig in die broek.

Piet ·

Ja, maar in die afwesigheid van Eben Etsebeth het ons darrem vir Vermeulen daar

kragaap ·

Ag asseblief met die inspirerende, hardwerkende Duane is die bokke MINDER kwesbaar as met “rusbankie toe op 50 minute”.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Afrikaner word onderdruk, maar rugby sal hule kyk. Geen trots nie.

kragaap ·

Rugby is ‘n sport nie godsdiens of politiek nie. Rugby behoort nie aan die Afrikaner nie en “Afrikaners” kan nie vir ander dikteer wat hul mag ondersteun of nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Soos Sam Ramsamy in die 1970s en 80s gesê het, ‘n land kan nie normale sport in abnormale omstandighede beoefen nie.

Harley Davidson ·

Hy is bevoorreg om ‘n span op meriete te kies in sa is ‘n kwota sisteem wat beteken spelers word op velkleur gekies .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.