Kaartjies, boeries en Bulls

Dankie vir die kaartjie-idee, Duane! Foto: Facebook.

Maak seker dat jy vandag (Donderdag) tussen 16:00 en 18:00 ’n draai by Loftus Versfeld maak. Want dan gaan daar Superrugby-kaartjies teen belaglike pryse te koop wees.

Nadat die Springbok-hardebaard, Duane Vermeulen, die Blou Bul Maatskappy uitgedaag het om 6 000 kaartjies teen R20 elk beskikbaar te stel, het die maatskappy die héle Oos-pawiljoen (12 000 kaartjies) teen R20 elk beskikbaar gestel.

Dan wag daar nóg ’n verrassing:

Vandag – in daardie tydgleuf van twee ure – kan jy énige kaartjie teen R50 koop. Nodeloos om te sê bly die “Duane-kaartjies” steeds R20.

Boonop sal die eerste 100 kaartjiekopers in die ry ’n gratis bier of koeldrank kry, terwyl van die Bulls-spelers hul braaivernuf ten toon sal stel!

Die Crusaders is tans die beste span in die reeks, met die Bulls wat die voorste Suid-Afrikaanse span is.

“Dit is altyd ’n opwindende uitdaging om teen die Crusaders te speel en dit is nooit maklik nie. Dit sal net ongelooflik wees as die Bulls-ondersteuners op Loftus toesak en ons kliphard aanmoedig. Dit is ’n wonderlike gevoel om te weet dat die #BullsFamily bankvas agter ons staan,” het Vermeulen gesê.

  • Die wedstryd skop Vrydagaand om 19:10 af.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitsenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Handré Pollard (kaptein en losskakel), Andre Warner (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Jannes Kirsten (flank), Marco van Staden (flank), RG Snyman (slot), Jason Jenkins (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Brits (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Crusaders: David Havili (heelagter), Sevu Reece (regtervleuel), Jack Goodhue (buitesenter), Ryan Crotty (binnesenter), George Bridge (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Bryn Hall (skrumskakel), Kieran Read (agtsteman), Matt Todd (flank en kaptein), Jordan Taufua (flank), Scott Barrett (slot), Mitchell Dunshea (slot), Michael Alaalatoa (stut), Codie Taylor (stut), Joe Moody (stut). Plaasvervangers: Andrew Makalio, Harry Allan, Oliver Jager, Luke Romano, Whetukamokamo Douglas, Mitchell Drummond, Mitchell Hunt, Braydon Ennor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SjN ·

Goeie bemarkingstegniek, lewer eerder puik spel en die pawiljoene sal vanself vol raak, as jy n verkeersoortreding begaan in die kaap word jy beboet met n verpligte kaartjie om die Stormer wedstryd te gaan kyk.

Ina Gamble ·

Wonderlike idee….mag Loftus uit sy nate bars en Bulls dié beste spel ooit speel. Sterkte!

Hp ·

Ek kan nie daarwees maar hou duim vas
Ek hoop dit gaan nie soos teen die Chiefs nie .

Hendrik van George ·

Desperate poging om voete in die stadion te kry. Teen R20 ‘n kaartjie gaan hulle nog steeds sukkel om ‘n paviljoen vol te kry. Te veel swak spanne in die SANZAAR reeks, kwotas en swak rugby.. Slegs 8000 toeskouers in Brisbane en minder as
10 000 in ‘n nuwe stadion in Sydney…. Onthou nog die goeie ou dae toe jy nie ‘n kaartjie kon kry vir ‘n game op Loftus nie.

willem Botha ·

En dit is nou wat van die eens magtige blou bulle geword het moet kaartjies en bier weggee.

kolla ·

Aanvaar die bier en gee die kaartjie terug. Genade wie wil nou betaal om die Nulle te sien.

John ·

Jy mag nie praat van Bulle of Nulle nie, net Bulls of Naughts!

Swartwolf ·

Hoe nou bier is te lanie bly by kraantjie. Enigste nul om oor te skryf is die stompies se super rugby trofee’s. Dis genuinely nul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.