Lekker Curriebeker-aksie dié naweek

Foto: Hansie Linde.

Die Curriebeker-reeks word weer hierdie naweek hervat met Griekwas en die Westelike Provinsie wat reeds vanaand in Kimberley kragte meet.

Die tuisspan sal op hul sukses van die vorige ronde – toe hulle maklik met die Pumas klaargespeel het – wil voortbou; boonop het hulle verlede jaar twee keer met die Streeptruie (46–25 in Kimberley en 30–28 in Kaapstad) afgereken.

Daar wag ’n lekker tweestryd tussen die Westelike Provinsie se Kade Wolhuter en die Poubloues se Zander du Plessis; al twee spelers beskik immers oor bakkievragte talent.

Die wedstryd begin vanaand om 19:00 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Griekwas: Rynhardt Jonker (heelagter), Munier Hartzenberg (regtervleuel), Johnathan Francke (buitesenter), Zander du Plessis (binnesenter), Luther Obi (linkervleuel), Fiela Boshoff (losskakel), Stefan Ungerer (skrumskakel), Siba Qoma (agtsteman), Michael Amiras (flank), Niel Otto (kaptein en flank), Derik Pretorius (slot), Mzwanele Zito (slot), Janu Botha (stut), Janco Uys (haker) en Eddie Davids (stut).

Westelike Provinsie: Kade Wolhuter (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Mnombo Zwelendaba (buitesenter), Cornel Smit (binnesenter), Leolin Zas (linkervleuel), Tim Swiel (losskakel), Godlen Masimla (skrumskakel), Keke Moraba (agtsteman), Marcel Theunissen (flank), Nama Xaba (kaptein en flank), David Meihuizen (slot), Ben-Jason Dixon (slot), Neethling Fouché (stut), André-Hugo Venter (haker) en Ali Vermaak (stut).

  • Dan wag daar môre ’n katgeveg in die Laeveld wanneer die Pumas en die Cheetahs op die Mbombela-stadion in aksie is.

Frans Steyn in aksie. (Foto: Cheetahs Rugby/Facebook)

Die Vrystaters het in hul vorige wedstryd die Blou Bulle op Loftus Versfeld getem en met spelers soos Frans Steyn, Ruan Pienaar en Rosko Specman in hul beginvyftiental is hulle ook die gunstelingspan om die komende wedstryd te wen.

Tog het die Pumas hulle verlede jaar in Nelspruit geklop, terwyl die tuisspan ook oorgehaal is om vir hul Griekwas-nederlaag te vergoed.

Die wedstryd is môre om 14:30 en oudergewoonte word dit op SuperSport uitgesaai.

Pumas: Devon Williams (heelagter), Sihle Njezula (regtervleuel), Alwayno Visagie (buitesenter), Ali Mgijima (binnesenter), Jade Stighling (linkervleuel), Eddie Fouché (losskakel), Lucky Dlepu (skrumskakel), Willie Engelbrecht (kaptein en agtsteman), Phumzile Maqondwana (flank), Daniel Maartens (flank), Shane Kirkwood (slot), Malembe Mpofu (slot), Simon Raw (stut), Eduan Swart (haker) en Ruan Kramer (stut).

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Daniel Kasende (regtervleuel), David Brits (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Siya Masuku (losskakel), Ruan Pienaar (kaptein en skrumskakel), Mihlali Mosi (agtsteman), Andisa Ntsila (flank), Gideon van der Merwe (flank), Victor Sekekete (slot), Aidon Davis (slot), Marne Coetzee (stut), Louis van der Westhuizen (haker) en Schalk Ferreira (stut).

  • Laastens is dit tyd vir ’n sukkelende Leeus-span om hul veldtog weer op koers teen die Haaie in Johannesburg te kry.

Die Haaie se Werner Kok (Foto: Twitter @Blitzboks)

Die Johannesburgers is tans heel laaste op die punteleer en hulle sal swaar op spelers soos Vincent Tshituka teen die onoorwonne KwaZulu-Natallers steun.

Die wedstryd skop om 17:00 af en ondersteuners kan die aksie op SuperSport volg.

Leeus: Quan Horn (heelagter), Boldwin Hansen (regtervleuel), James Mollentze (buitesenter), Matt More (binnesenter), Divan Rossouw (linkervleuel), Vaughen Isaacs (losskakel), Jurich Claassens (skrumskakel), Emmanuel Tshituka (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Sibusiso Sangweni (flank), Simon Dinisio (slot), PJ Steenkamp (stut), Asenathi Ntlabakanye (kaptein en stut), Dameon Venter (haker) en JP Smith (stut).

Haaie: Yaw Penxe (heelagter), Werner Kok (regtervleuel), Jeremy Ward (buitesenter), Murray Koster (binnesenter), Marnus Potgieter (linkervleuel), Boeta Chamberlain (losskakel), Cameron Wright (skrumskakel), Cempilo Gumede (agtsteman), Thembelani Bholi (flank), James Venter (kaptein en flank), Reniel Hugo (slot), Le Roux Roets (slot), Khutha Mcunu (stut), Fez Mbhata (haker) en Khwezi Mona (stut).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lian ·

Nou wanneer speel die Vrystaat en Griekeas weer in toernooie anderkant die water ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.