Ladysmith is na twee naweekrondes onoorwonne en loop voor in die KwaZulu-Natalse Middelland-subunie se reeks om die Crowebeker.
In die reeks om die Rawbeker is Nagle Dam Rhinos boaan die punteleer.
Ladysmith het Vrydag met 14-7 teen Voortrekker-oudleerlinge van Pietermaritzburg gewen, nadat hy twee weke gelede met Greytown afgereken het.
In Vrydag se ander Crowebekerwedstryd het Greytown naelskraap met 15-14 teen Drakensberg (Winterton) gewen.
Die Rhinos het Vrydag slae gekry toe Obhejane die klub van Nagle Dam met 17-12 getroef het.
Young Lions van Woodlands het in dieselfde reeks met 22-8 teen Howick Eagles gewen.
Opgesomde punteleer –
Crowebeker (Derde Liga)
Ladysmith 9, Drakensberg 5, Greytown 4, Voortrekker-oudleerlinge 1.
Rawbeker (Vierde Liga)
Rhinos 6, Young Lions 5, Eagles 4, Cedara 0.