Poemas moet Aussie-ontwrigting uitbuit

poemas-logoBenewens trots en natuurlik punte om in die derde plek op die wêreldranglys te bly, is daar Sondagoggend (00:40 SA tyd) min vir Australië om voor te speel wanneer hulle in die laaste wedstryd van die 2014 Rugbykampioenskap in Mendoza teen Argentinië te staan kom.

Dit was `n week van ontwrigting vir die Wallabies ná die Kurtley Beale-fiasko wat hulle voorbereiding beïnvloed het. Daar is ook die realiteit dat hulle 24 uur gereis het na die neerlaag teen die Springbokke, en toe die verdere ontwrigting van hulle bagasie wat nie saam met die span aangekom het nie.

Die dinge, tesame met die Poemas se vasberadenheid om hulle eerste oorwinning in drie seisoene en 18 wedstryde (dusver 16 verloor, een gelykop) in die reeks te behaal, kan straks vir `n effens verrassing sorg.

Nie dat die Poema te versmaai is nie, en `n deurbraak vir dié span is nie ver weg nie.

Wie weet…

Spanne:

Argentinië: 15 Joaquín Tuculet, 14 Juan Imhoff, 13 Horacio Agulla, 12 Juan Martín Hernández, 11 Lucas González Amorosino, 10 Nicolás Sánchez, 9 Martín Landajo, 8 Leonardo Senatore, 7 Benjamín Macome, 6 Rodrigo Báez, 5 Tomás Lavanini, 4 Mariano Galarza, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustín Creevy (kaptein), 1 Marcos Ayerza.
Bank: 16 Matías Cortese, 17 Bruno Postiglioni, 18 Ramiro Herrera, 19 Matías Alemanno, 20 Javier Ortega Desio, 21 Tomás Cubelli, 22 Marcelo Bosch, 23 Jerónimo De la Fuente.

Australië: 15 Israel Folau, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Tevita Kuridrani, 12 Matt Toomua, 11 Joe Tomane, 10 Bernard Foley, 9 Nick Phipps, 8 Scott Higginbotham, 7 Michael Hooper (kaptein), 6 Scott Fardy, 5 James Horwill, 4 Sam Carter, 3 Sekope Kepu, 2 Saia Fainga’a, 1 James Slipper.
Bank: 16 Josh Mann-Rea, 17 Benn Robinson, 18 Ben Alexander, 19 Will Skelton, 20 Jake Schatz, 21 Matt Hodgson, 22 Nic White, 23 Rob Horne.

Afskop: Sondag 00:40 (SA tyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.