Pollard gou weer in aksie

Handré Pollard in aksie tydens die Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en Engeland. (Foto: Aaron Favila/AP)

Handré Pollard sal in die komende weke na die rugbyveld terugkeer nadat hy vir byna sewe maande langs die kantlyn gesit het weens ʼn besering.

Pollard (27), wat in 2019 laas vir die Springbokke in aksie was tydens die Wêreldbeker-eindstryd, het in September ʼn ernstige kniebesering opgedoen nadat hy die seisoen net twee wedstryde vir sy Franse klubspan gespeel het.

“Hy vorder goed. Hy is weer by ons op die oefenveld. Hy behoort binnekort op ʼn spanlys te verskyn,” het Philippe Saint-André, Pollard se afrigter by Montpellier, gesê.

“Ons doen alles wat ons kan, sodat Handré so vinnig moontlik beskikbaar kan wees. Ons waag geen risiko’s nie, maar hy voel goed,” het Saint-André bygevoeg.

Jacques Nienaber, afrigter van die Springbokke, het verlede week gesê Pollard kan teen volgende maand terug wees en dat hy betyds fiks sal wees om die Britse en Ierse Leeus die stryd aan te sê. Die Leeus begin in Julie hul toer na Suid-Afrika.

Die Pro14-wedstryd tussen Montpellier en die Bordeaux Bègles wat Vrydag sou plaasvind, is intussen na Sondag geskuif weens nuwe Covid-19-gevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Dit is goeie nuus.Hy speel tans die beste rugby van sy loopbaan.Hy dink op sy voete en kan die spel lees.Ons het tans nie sy gelyke in SA nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.