Rooi Drake blaas vuur op ranglys

Wallis is ’n krag waarmee daar rekening gehou moet word. Foto: Facebook.

ʼn Mens moet jouself waarskynlik nie té veel aan ’n ranglys steur nie, maar daar is ’n nuwe span bó aan wêreldrugby se punteleer!

Wallis is vir die eerste keer – sedert die ranglys in 2003 bekend gestel is – die voorste span in die internasionale arena, terwyl Suid-Afrika tans in die vierde plek is.

Die Rooi Drake het die All Blacks onttroon – dít nadat die Kiwi’s vir ’n verstommende 509 agteenvolgende weke die no. 1-span op die punteleer was.

Ten spyte van die Nieu-Seelanders se klinkende oorwinning teen Australië op Edenpark die afgelope naweek het hulle steeds hul plek bo-aan die punteleer aan Wallis afgestaan.

Alun Wyn Jones-hulle se opmars na die amperse kruin van wêreldrugby, want sukses op ’n punteleer beteken hoegenaamd nie die Wêreldbeker-trofee staan klaar in die vertoonkas by die huis nie, is dié naweek te danke aan hul sege teen Engeland ’n hupstoot gegee.

  • Die jongste punteleer:
  1. Wallis 89.43 punte
  2. Nieu-Seeland 89.40 punte
  3. Ierland 88.69 punte
  4. Suid-Afrika 86.83 punte
  5. Engeland 86.79 punte
  6. Australië 84.05 punte
  7. Frankryk 80.58 punte
  8. Skotland 79.01 punte
  9. Japan 77.21 punte
  10. Fidji 76.98 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Klug ·

Die punte lys is nie eers die papier werd waarop dit staan nie laat hulle bietjie die naweek teen nommer 2 speel dan gaan hulle nie weet wat hulle getref het nie????

Nico K ·

Nee dit is nie ‘n klug nie en word wiskundig uitgewerk. Wat wel waar is, is dat nie alle lande ewe veel teen mekaar speel nie en daarom kan so stelsel nie 100% korrek wees nie, maar ek dink Wallis en Ierland kannie heeltemal afgeskryf word nie vir die wêreldbeker nie. Hulle sal nie sommer wen nie, maar kan dalk ver vorder.

Frans C ·

Lê die antwoord nie daarin dat ‘n span meer punte verdien as hy ‘n span wat hoër op die ranglys klop as een wat laer geplaas is.NZ het bv Australie gewen wat sesde op die ranglys was terwyl Wales, Engeland wat vierde op die ranglys was gewen het.

Wales verdien dus meer punte met die oorwinning as wat NZ met hul oorwinning verdien het.Suid Afrika wat vyfde was het Argentina wat elfde was gewen en verdien dus minder punte as Wales en NZ.Dit is al hoe dit vir my sin maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.