Rugby Amerikas-Noord (RAN) se kampioenskap het met ʼn ligte verrassing in die reeks om die Noordbeker afgeskop.
Die Turks- en Caicoseilande (TCE) het die beter geagte Dominikaanse Republiek op die Meridian-veld op Grace Bay, TCE, met 24-15 geklop.
Die Flaminke vervang met dié sege die verloorder in die 21ste plek op RAN se ranglys, en die Dominikaners val met twee kerwe na die 23ste plek.
Die Bahama-eilande is die derde span wat in dié afdeling meeding.
♦ Laasgenoemde het vroeër Curaçao met 32-17 geklop om die Dominico-Curazaleña-beker te behou, wat in wedstryde tussen dié twee lande op die spel is.