Rugby, roltrappe en Kaapse reën

Nuweland-stadion (Argieffoto).

Ai, die moderne tegnologie darem!

Vroegmiddag is daar (weer met die trein) terug Pretoria toe gery en het mens op Ellispark-stasie afgeklim om te gaan rugby kyk.

As jy heel gelukkig was, gewoonlik die vierde toets van ʼn reeks teen die Britse Leeus, All Blacks of Wallabies of ʼn Curriebekerwedstryd tussen Transvaal en Noord-Transvaal.

Jy het jou Robin Hood-hoedjie opgehad, jou ma se vaalgrys-trui gedra wat sy met liefde vir jou gebrei het en vanselfsprekend ʼn pakkie nartjies wat van Delmas af gekom het, onder die arm.

Jy het jou vergaap aan die hoofpawiljoen, die massiewe oop pawiljoen en die graswalle, die ou Quinns Bread-gebou en die nuwe glaskas waar Jannie le Roux en sy bestuur gesit en rugby kyk het.

Wanneer julle in Durban, Amanzimtoti of Margate gaan vakansie hou het, is daar altyd ʼn draai by die ou Indiërmark gemaak, die fabrieke op pad Suidkus toe en soms ook op Kingspark.

Wanneer julle Kaap toe was, was ʼn besoek aan die kasteel, Tafelberg, Parlement en Nuweland altyd ʼn moet.

Nuweland was magies, jy kon jou indink waar dr. Danie Craven en Jan Pickard rugby gespeel het.

Jy het gewoonlik natgereën, maar dit was mos altyd deel van die Kaap.

Deesdae is Nuweland weer byna daagliks in die nuus, maar om die verkeerde redes.

Die kans dat daar weer rugby gespeel gaan word, is uiters skraal.

Waar Loftus, Ellispark en Kingspark behoue gebly en herrys het, gaan Nuweland met ʼn kantoorblok vervang word.

Weg, vir altyd weg.

Dit kan nie anders nie, want een van die rykste rugbyunies sit nou glo met R108 miljoen se skuld.

ʼn Droom, ʼn nagmerrie?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.