Rugbylui is altyd op soek na `n kuierplekkie om skouers met ander lede van die broederskap te skuur en die kameraderie van die spel te geniet. Hier is enkele vooorstelle.
2 MAART
College Rovers-rugbyklub, Durban: Superrugby-vasvra ten bate van Chris Burger-Petro Jackson-spelersfonds. 18:30 by klubhuis. Tafels vir vyf gaste (+ `n Sharks-speler) kos R1 000. Navrae [email protected] of (021) 659 5615. Besprekings www.quicket.co.za.
5 MAART
Kraaifontein-rugbyklub: Jan du Toit-rugbydag. Agt spanne uit WP en Boland. 14 wedstryde. Navrae Kattes Kruger by [email protected] of (021) 981-3420 of 083 460 2006.
19 MAART
Eshowe-rugbyklub: 70ste Bozasbeker-toernooi. Sestien spanne. Navrae Denise Coetzee by [email protected].
12 & 13 MEI 2016
Universiteit van die Vrystaat-rugbyklub, Bloemfontein: Oudspelers-reünie ter viering van Shimla-naam se 50ste jaar. Dougie Heymans (051) 401 2648 of [email protected], of met Ansu Colditz by 0824578071 of [email protected].