Ses spanne spook myne se titel uit

Ses spanne neem vanjaar in twee groepe aan die jaarlikse Mynerugbyweek deel, wat van Dinsdag af in die Griffons-stadion in Welkom beslis word.

Só laat weet Deon de Villiers, die toernooidirekteur, aangaande die byeenkoms wat tot Vrydag duur.

Lonmin, Northam en Sibanye Platinum speel in Groep A; en Tau Lekoa, Harmony en Sibanye Gold in Groep B.

Die verdedigende kampioen, Lonmin, skop die toernooi Dinsdag 13:30 teen Northam af; en verlede jaar se naaswenner en vanjaar die gasheer, Harmony, meet 15:30 met Sibanye Gold kragte.

Die res van die program –

Woensdag

13:30 Northam teen Sibanye Plats; 15:30 Tau Lekoa teen Sibanye Gold.

Donderdag

13:30 Lonmin teen Sibanye Plats; Harmony teen Tau Lekoa.

Vrydag

09:00 “Bowl”-eindstryd; 10:30 Plaateindstryd; 12:00 Eindstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.