Singapoer-sewes: Nog streepsuiker vir Blitsbokke

Die Blitsbokke in aksie teen Kenia (Foto: Peter PARKS/AFP)

Die beseringsgeteisterde Blitsbokke kon weer nie vir die kwarteindronde van Wêreldrugby se sewesreeks kwalifiseer nie toe hulle twee van hul drie groepwedstryde in die Singapoer-toernooi verloor het.

Nog drie Blitsbokke, Sean Williams, Ricardo Duarttee en Tiaan Pretorius, het hulle by die lang beseringslys aangesluit, wat die Blitsbokke baie dun gelaat het.

Nadat die Blitsbokke vroeg Saterdagoggend met 19-0 deur Australië gestuit is, het hulle Hongkong met 36-12 geklop, maar nie oortuig nie.

Hulle moes dus hul laaste groepwedstryd teen Nieu-Seeland met 30 punte wen om met ʼn beter punteverskil vir die kwarteindronde te kwalifiseer, maar is met 12-7 deur die All Blacks geklop.

Dit was ironies die Blitsbokke se beste vertoning en die telling was kort voor die einde nog met 7-7 gelykop, maar die veel meer fisieke Nieu-Seelanders het net genoeg gedoen om hul onoorwonne status te behou.

Die Blitsbokke speel nou Sondagoggend (05:56) in die kwarteindronde om die negende posisie teen Ierland, wat in een van hul groepwedstryde met 12-7 deur Japan geskok is.

Puntemakers:

Nieu-Seeland 12 (7): Drieë: Dylan Collier, Cody Vai. Doelskop: Tepaea Savage.

Suid-Afrika 7 (7): Drie: Mfundo Ndhlovu. Doelskop: Jaiden Baron.

Ander uitslae:

Argentinië 10, Ierland 0;

Brittanje 19, Japan 17;

Australië 19, Suid-Afrika 0;

Nieu-Seeland 47, Hongkong 0;

Uruguay 24, VSA 21;

Frankryk 26, Kenia 19;

Samoa 28, Spanje 24;

Fidji 21, Kanada 12;

Argentinië 42, Japan 7;

Brittanje 14, Ierland 7;

Suid-Afrika 31, Hongkong 12;

Nieu-Seeland 24, Australië 12;

VSA 21, Kenia 19;

Frankryk 26, Uruguay 12;

Kanada 21, Spanje 7;

Samoa 28, Fidji 7;

Japan 12, Ierland 7;

Argentinië 19, Brittanje 17;

Australië 48, Hongkong 0;

Nieu-Seeland 12, Suid-Afrika 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.