Sjoe, daar skraap die Bokke toe weer deur

Handré Pollard druk sy drie na ʼn fop-aangee. Hy is as speler van die wedstryd aangewys. (Foto: Twitter@Springboks)

Die Springbokke bly op die wenpad, maar hoe lank nog voordat hulle gaan afval?

Die Bokke het Saterdagaand in Edinburgh weer deurgeskraap toe hulle Skotland met 26-20 geklop het nadat hulle rustyd met 20-17 voor was.

Ja, dis nóg ʼn oorwinning op toer en dus moet ʼn mens seker nie te krities te wees nie. Die dae dat die Bokke ook oor die Skotte gaan rol, is lankal op die rak geplaas.

Dit was ʼn baie gelykopstryd, twee drieë teen twee en besit en gebiedsvoordeel feitlik gelyk.

Nou lê die laaste kragmeting met Wallis in Cardiff voor en geoordeel aan die vertonings teen Engeland, Frankryk en Skotland, sal die Bokke aanstaande Saterdag baie diep moet delf.

Ja, die Skotse span van 2018 verskil hemelsbreed van vorige spanne. Hulle is goed afgerig, en het nou ook spelbrekers en spelskeppers soos Stuart Hogg, Huw Jones en Greig Laidlaw wat kan saampraat. Én hulle het ondernemingsgees.

Hul voorspelers hoef ook nie meer terug te staan nie.

En die Bokke?

Dalk is hulle bloot moeg, pootuit gespeel.

Jy kan mos nie in Februarie in die Superreeks reeds op jou beste wees en dan vir tien maande lank daarmee volhou nie?

Kyk ook maar na die All Blacks en Wallabies. Dis ook maar rukke en stote van hul kant af.

Die positiewe dinge teen Skotland?

Handré Pollard was die groot uitblinker en afgesien van sy 18 punte, het hy al die toutjies getrek. Hy is as speler van die wedstryd aangewys.

Sy jong skakelmaat, Embrose Papier, het vanselfsprekend een of twee foute begaan, maar hy is ʼn blink diamant.

Voorlangs het veral die plaasvangerstut Thomas du Toit amok gemaak toe hy opgestuur is.

Dan het Duane Vermeulen en RG Snyman ook goeie werk op die aanval en verdediging gedoen.

Maar ai, die dissipline is nie na wense nie.

Ja, dit was die Fransman Romain Pote wat in beheer was en hy het aan albei kante baie foute oorgesien.

Maar hou maar duim vas dat daar geen Bok uitgewys sal word nie.

Puntemakers ‒

Suid-Afrika (20) 26: Drieë: Jesse Kriel. Handré Pollard. Doelskoppe: Pollard (2). Strafdoele: Pollard (3), Elton Jantjies.
Skotland (17) 20: Drieë: Peter Horne, Hamish Watson. Doelskoppe: Greig Laidlaw (2): Strafdoele: Laidlaw (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nico ·

Toe die B(K)rokke nie in die Curriebeker mog speel nie is daar aan die begin van die toer gesannik hulle is uit oefening. Nou 3 wedstryde later skerm jy dat hulle moeg is Pieter.
Ek wil almal wat so sannik oor sportmanne se moegheid en lank van die huis af is uitdaag om net 3 maande saam met ‘n volwaardige siviele konstruksie of groot bouers spanne te gaan werk. Ja veral die spelers self. Dit is vir minstens 49 weke van die jaar krom staan met baie wat 10 tot 12 ure per dag werk en dit sluit minstens 3 naweke van die maand in. Dit is hande arbeid soos konkryt meng en slote grawe met pik en graaf.Baie van hulle werk weg van die huis en sien hul families net Paas naweek en 2 tot 3 weke oor Kersfees en Nuwejaar. Ja ek weet want ek het saam met hulle gewerk. Hul vergoeding is ‘n druppel in die emmer teenoor sportmanne. Hulle moet primitief bly teenoor sportmanne se luukse hotelle en geborgde kleredrag en karre. Nie een sprtman sal eers ‘n week hou nie wat nog van primitief slaap. Bokke is net onbevoeg. Punt.

Frans C ·

Dit is waar Nico.Wat egter ook waar is dat op enige konstruksie terrein daar nie 120 kg
manne rondloop wat probeer om die sterkte van jou ribbes ens te toets nie.

Ook nie ouens wat bo op jou val net om seker te maak jy staan nie op en speel verder nie.
Ek beskik nie oor statistieke nie maar is seker dat meer rugbyspelers se loopbane kort geknip is as wat ongelukke op konstruksieterreine dit gedoen het.

Ken toevallig ‘n baie belowende speler wat nou op jong ouderdom met ‘n aanmekaar
gehegte knie rondloop.Vandag se spelers is oor die algemeen groter en swaarder as
‘n paar geslagte gelede.

Wat die spelers van jare gelede tot voordeel gehad het dat baie van hulle van plase
afgekom het of handearbeiders was,wat deur plaaswerk en ander fisiese arbeid
spiere ontwikkel het wat taai soos bilton was en met eelte op hul hande wat soos leer gebrei was.

Vandag se spelers ontwikkel spiere in ‘gyms’ is hul groot en sterk maar nie taai en gebrei nie en kneus maklik.Daarom is daar hope beserings.

Gielie ·

Na die 5e zol pappegaai slaai het die bokke se game al hoe beter geword.

wolla ·

Die Skotte het voor die wedstryd slegs 1 van hul laaste 12 wedstryde op Murrayfield verloor. So duidelik tans geen “push overs” op Murrayfield nie. Kolisi het die manne mooi gelei.

What a joke! ·

Hehe ai ou wolla watse game het jy weereens gekyk?kolisi? Was hy ooit op die veld?

Smirre ·

Wolla het jy die game gekyk die keer? Of moet jy hom eers aflaai en dan ‘n ingeligde opinie gee soos laas week toe jy nie geweet het Kolisi was gesub op 63 min nie maar toe “het Kolisi die manne mooi gelei aan die einde” ?

Peet ·

Wolla praat bolla. Kolisi moes weereens vervang word anders het ons verloor.

Swartwolf ·

Bok vaste vyf voorspelers en Thomas du Toit in die regte posisie op losskop saam met Pollard se uitblink spel het die bokke laat wen. Res was maar baie gemiddeld.

TLC ·

Pollard vir kaptein
Genugtig die kind is n stunning speler
En Willie weereens iets om op trots te wees
Jammer oor geel kaart
Maar as jou “kaptein” nie na vore kom nie dan sal die skip mos sink
Sterkte my bokke el luv julle

Buffel ·

Stem saam TCL Pollard is nie net een van die beste spelers nie maar hy het great leiers kwaliteite van toe hy al junior bok kaptein was. Hy sal ‘n uitstekende kaptein maak. Weet nie of die huidige kaptein lei of ly nie.

Jodu ·

Die ewige “negatiewe” kritiek van die skrywer raak regtig te veel! Hy kan gerus ‘n slag op Netwerk 24 gaan lees hoe daar areas vir verbetering uitgewys word sonder oordadige negatiwiteit!

Kiewiet ·

Ek stem saam met jou Nico. Hendrik de Jager het seker nog nooit in sy lewe hard gewerk nie. Daarom dat hy nie kan saam praat nie.

Wesley ·

Die Skotte is glad nie n span om af te skryf nie, ons sal kan wat gee om n 12-2 rekord op enige tuisveld van ons te kan he. Ons het net Skotland vermorsel wanneer hul rerigwaar n swak span was en die res rerig erg gesukkel. Hoe kort is ons sport geheue net nie. Wel gedaan Bokke, ons weet ons kan beter maar spelers met vrae oor hul koppe was mooi weg gespeel. Papier was goed, Kolisi het dinge moeilik gemaak vir die Skotte in die los en sy mond vir eens goed oopgemaak teenoor Poite. DDA het my stil gespeel. Die box kicks was min en Pollard het gewys as hy bal kry is hy die generaal. Nou net Wallis volgende week, dit gaan n kopstryd wees om nie een voet op die vliegtuig te he nie.

wolla ·

Papier was baie goed behoort meer speelkanse kry. PSDT my speler van die wedstryd. Kitshof en Snyman ook goed gespeel.

Hennie ·

Solank ons wen gaan ons regkom ,die net net wen is goed dit hou ons voete op die grond . As ons te ver wen kry ons grootkop . Ons moet net begin skepskop kon meer wedstryde gewen het as ons geskepskop het .

Arie ·

Kolisi lei die bokke net soos ramaposa ons land lei – in sy peetjie in! Dit is die laaste jaar dat ek ruby kyk, kan R400 pm spaar as ek supersport uitsny. Ek drink glad nie maar ek drink eerder as om na die gemors te kyk

bolla ·

Jy hou duidelik nie daarvan as die Bokke wen nie. Ha, ha. Kolisi hou die manne mooi bymekaar. Papier baie naby aan man van die wedstryd wat eintlik PSDT moes gewees het en nie Pollard nie.

rollie ·

PSDT, Kitshoff, Snyman, Papier en De Allende die spelers van die wedstryd volgens my. Kaptein Kolisi span die seile.

Buffel ·

Span die seile na neverland eire. As jy dink hy is die leier om die bokke ‘n wereldbeker te laat wen droom weer. Bokke val in kwart eind 2019 kaptein span die seile gaan speel in Japan waar hy groot en sterk genoeg is om uiteindelik ‘n impak te maak en dis net sy spel ons praat nie van sy leierskap wat meestal afwesig is nie.

dubs ·

stem 100% saam ons ht di vinigste vleuels wt nooit bal kry nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.