Twee uit SA kry dubbele syfers in Japan

Twee spelers uit Suid-Afrika het dubbele syfers in die jongste weekronde van die Japanse Topliga behaal.

♦ Lionel Cronjé, wat Suid-Afrika A verteenwoordig het, het 11 punte (ʼn drie en drie doelskoppe) vir Toyota Verblitz in sy sege van 31-20 oor Toyota Industries Shuttles aangeteken.

♦ Gerhard van den Heever (heelagter), wat Superrugby vir die Bulls en die Stormers gespeel het, het vyf doelskoppe (tien punte) tot Kubota Spears se oorwinning van 50-12 oor Coca-Cola Red Sparks bygedra.

Sy spanmaats, Burger Odendaal (buitesenter) – wat ook ʼn slag koelkas toe was – en Lappies Labuschagné (flank), albei gewese Bulls-kapteins, het elk ʼn drie gedruk.

Labuschagné het eweneens vir die Cheetahs uitgedraf.

♦ Fred Zeilinga (losskakel), nóg ʼn Suid-Afrika A-speler, het ʼn strafdoel vir Canon Eagles behaal in sy nederlaag van 6-25 teen Panasonic Wildknights.

♦ ʼn Geel kaart was ook die lot van Munakata Sanix Blus se Hencus van Wyk (vaskopstut) teen NTT Shining Arcs, wat dié kragmeting met 31-12 gewen het.

Hy het Superrugby vir die Bulls en die Lions gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.