Vrouespan maak trots in LA

Suid-Afrika se vrouespan het na die kwarteindstryd van die Los Angeles-toernooi deurgedring. (Foto: X/SA Women’s Rugby)

Suid-Afrika se vrouesewesspan het inderdaad sleg teen Nieu-Seeland verloor, maar goeie vertonings teen Fidji en Brasilië beteken dat daar later vanaand in die kwarteindstryd van die Los Angeles-sewestoernooi teen die VSA gespeel sal word.

Die span beklee tans die laaste plek op die amptelike ranglys nadat hulle verlede naweek gesukkel het om die mas in Vancouver op te kom.

Maar hulle het vroeër in Perth gewys dat hulle oor die vermoë beskik om wedstryde te wen toe hulle met Spanje en Groot-Brittanje afgereken het.

Daarteenoor duur die Blitsbokke se treurmare voort.

Die Suid-Afrikaners het sleg teen Ierland en Argentinië verloor, waarna hulle Spanje met drie punte geklop het. Hulle het egter weer uit die bus teen Samoa geval.

Die Blitsbokke sal nou vanaand om 21:48 sake uitspook teen Kanada om die 11de plek in die toernooi. ʼn Mens sou nooit sê dat dié span die silwerware in Dubai omhoog gehou het nie.

Uitslae:

Mans:

0 – 17 teen Ierland

5 – 17 teen Argentinië

22 – 19 teen Spanje

10 – 19 teen Samoa

Vroue:

5 – 41 teen Nieu-Seeland

19 – 7 teen Fidji

10 – 7 teen Brasilië

Komende bepalings:

Mans:

Suid-Afrika teen Kanada om 21:48 (uitspeelwedstryd om die 11de plek)

Vroue:

Suid-Afrika teen die VSA om 20:58 teen die VSA (kwarteindstryd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.