Met vyf Springbokke en nog drie Suid-Afrikaners in sy opdrafspan, was Montpellier Hérault Donderdag te sterk vir die Westelike Provinsie in hul littelosmaker in Millau, Frankryk.
Die telling van 26-7 (rustyd 14-0) is waarskynlik ʼn pluimpie vir die Streeptruie teen die naaswenner van die Top14-liga, onteenseglik een van die strafste reekse ter wêreld.
Die Franse koerant Midi Libre het in sy verslag opgemerk dat die twee spanne ooglopend nog nie op dreef is nie.
Die Bokke Bismarck du Plessis (drie) en Johan Goosen (drie doelskoppe) was tussen Montpellier se puntemakers.
Frans Steyn, Ruan Pienaar en Jannie du Plessis was die ander Bokke in die wenspan, wat deur die gewese SA o.20-kaptein Wiaan Liebenberg aangevoer is.
Die ander Suid-Afrikaners in die opdrafspan was Paul Willemse (Bulls) en Nico Janse van Rensburg (SA o.20). Henry Immelman (Vrystaat o.21) het van die bank af gespeel.
Willemse het voor die wedstryd aan die webwerf Eurosport Rugbyrama gesê Montpellier skerp sy verdediging op omdat hy verwag die WP sal met die bal hardloop.
Die wedstryd was deel van die stad Millau se Somerrugbyfees.
Die puntemakers –
Montpellier 26 (14) – Drieë: Bismarck du Plessis, Vincent Martin, Yvan Reilhac, Konstantin Mikautadze. Doelskoppe: Johan Goosen (3).
Westelike Provinsie 7 (0) – Doel: Scarra Ntubeni. Doelskop: SP Marais.
Ek dink die telling behoort Stephen Jones weer te laat dink oor sy stelling dat Noordelike Halfrond rugby sterker is as Suidelike Halfrond rugby. ‘n Tweedehandse WP span waarvan die helfte “for sale” is teen die 2de grootste Europese klubspan…..
Lekker om vir Bismarck te sien!
Ek verstaan nie die WP het nie geld nie maar kyk waar gaan speel hulle regitg BOYS dit is n grap
Hehwhehehe bwahahaha ja Suid Afrika dit is maar te lekker as jy teen jy uie uitgeworpenes verloor ne…lekker man lekker..