Weer brons vir junior Bokke

(Foto: Junior Springboks/Twitter)

Dit bly een van die raaisels van die Junior Springbokrugbyspan hoekom hy op gereelde grondslag die kluts in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap kwytraak.

Die Bokkies het Saterdagmiddag in Rosario, Argentinië, gewys wat in hulle steek toe hulle die Argentyne voor ʼn geesdriftige skare met 41-16 geklop het om die bronsmedalje te wen.

Maar nou is die vraag, waarom kan hulle nie dieselfde gehalte spel regdeur uitstal nie?

Gaan kyk maar na die spanlyste sedert 2008. Die keur van die land se beste spelers word elke jaar gekies. Binne ʼn paar seisoene word ʼn rits van dié spelers Springbokke of speel hulle Superrugby, maar hoekom val hulle vas in die halfeindronde?

Die Junior Bokkies kon nog net een keer sedert 2012 die toernooi wen, terwyl hulle in 2014 tweede geëindig het en agt keer met die bronsmedalje tevrede moes wees.

Word die regte spelers gekies; is die afrigters, Chean Roux en Louis Koen, die geskikte manne om die span te brei; is die jongelinge nog nie geestelik sterk genoeg nie; volg hulle die regte spelpatroon?

Want hoe kon hulle die Junior All Blacks in die kwarteindronde ore aansit, net om in die halfeindronde teen die Franse slae te kry?

Die Junior Bokke het Saterdag vroeg toegeslaan toe die skrumskakel, Sanele Nohamba, in die tweede minuut oorgeduik het.

Dit was pure Bok-plesier, hoewel hul ou kwaal om strafskoppe af te staan, hulle amper weer duur te staan gekom het.

Veral ná rustyd het die Argentyne byna die agterstand van 3-17 wat hulle met rustyd gehad het, uitgewis. Hulle kon selfs voorgeloop het as hulle beter pale toe geskop het.

Maar die pronkvleuel Thaakir Abrahams se tweede drie laat in die wedstryd, saam met die ysterslot JJ van der Mescht s’n kort daarna, het die uitslag bo twyfel gestel.

Puntemakers:

Suid-Afrika 41 (17): Drieë: Sanele Nohamba, Thaakir Abrahams (2), JJ van der Mescht, Rikus Pretorius. Doelskoppe: Nohamba (4), Jaden Hendrikse. Strafdoel: Nohamba. Skepdoel: David Coetzer.

Argentinië 16 (3): Drieë: Joaquin de la Vega Mendia, Mateo Carreras. Strafdoele: De la Vega Mendia, Nicolas Roger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

CallieL ·

Het laasweek die kommentaar gelewer dat na die naweek is al die SA spanne uit die reeks. Dat rugby soos krieket in SA tot niet is. Kan bulle darem n pluimpe gee vir probeer. Die geel kaart het amper die game geswaai. Kom ons hou dop of Bolla se windverwaaide stormers weer meeste bokke lewer. Doen hulle haal bokke nie eers kwarteind nie.

kolla ·

Sharks het die meeste Bokke opgelewer verlede jaar. Stormers en nulle was omtrent ewe veel.

Spike ·

Jy is so goed soos wat jy toegelaat word. Hoop nie ook chokers nie.

Frans C ·

Daar word teveel van die Junior Bokke verwag.Frankryk word vir die 2de agtereenvolgende jaar die kompetisie gewen het is ook die 6-nasiekampioen.

Dit is die geheim van die welslae van die noordelike halfrond se sukses.Hoe langer jy saamspeel in strawwe kompetsie hoe groter die kans op sukses.Die junior Wallabies
is die ‘pacific champions’ en was dus meer suksesvol.

Daar is geen rede waarom daar nie ‘n onder 20 kampioenskap tesame met die
Kampioenskapreeks soos met die 6-nasies kan plaasvind nie. Doen dit en die Suidelike
halfrondspanne sal die kompetisie gereeld wen.

Die resep van spanne wat gereeld saamspeel oor ‘n lang tydperk was ook die Jaquares
se suksesstorie van Vodacomkampioen tot in die Super 15 halfeind in 2019.

JohanL ·

Frans – weer dankie vir die sinvolle rugby kommentaar. Ek moet erken ek het nie geweet van die Sesnasies Onder 20 reeks nie, en gou ge-“gurgle” :) Inderdaad so en selfs ‘n Onder 18 Sesnasies reeks. So jou kommentaar maak sin.

Ek het wel besef Frankryk was nog altyd uiters kompeterend op o/20 vlak – kon net nie verstaan hoekom nie. Als val in plek.

Vir SA alles in ag genome (kwotas, min kompetisies) het hulle goed gedoen. Welgedaan.

Showahed ·

Enige sportspan bestaan uit die beste spelers wat daardie land of provinsie kan oplewer. Die laaste paar jaar is die vanselfsprekeknd in SA nie die geval nie en ons moet gewoond raak om agteruit te boer.

Frans C ·

Nie noodwendig nie want in rugby gaan dit oor kombinasies. Briljante spelers kan vasgevat word maar kombinasies maar saam planne,lees die spel en pas by dit aan.

kolla ·

Net een wedstryd die hele toernooi verloor, uitstekend. Frankryk het ‘n sterk span.

Vonnie ·

Ek wil nie soos n klaekous klink nie, maar die invloed wat skeidsregters op die spel het is eenvoudig nie aanvaarbaar nie. Iets drasties sal moet gedoen word om seker te maak reels word konsekwent toe gepas anders sal n ontwikkelende land nooit weer n wereldbeker wen nie. Ons het eenvoudig nie die geld en invloed op skeidsregters nie. Die 50/50 beslisings is altyd teen ons. Alhoewel die wedstryd teen die Frans dalk regverdig was het die game teen NZ al sy to geeies. Dit is ironies dat die TMO kleinste moontlik aanslaan herhaldelik oor en oor wys na n drie deur n SA span maar n hoogvat of skouersloop teen ons spelers word nooit gewys nie.

kolla ·

Vier SA spelers het die uitsoekspan van die toernooi gemaak, 2 wittes en 2 nie-blank. Ons moet versigtig wees met hierdie kwota stories, daar is uitstaande swart spelers.

Swartwolf ·

Behalwe in die senior bok span. Net twee spelers van kleur en dis Beast en Dyantyi wat beste is in hul posisies. Res is 2 de en 3 de beste kwota spelers insluitende die swakste kaptein van postuur en leierskap oogpunt wat die bokke nog gehad het.

kolla ·

Welke swart spelers wat in die beginspan is, is nie die beste in hul posisie nie? Vergeet van jou vyand Kolisi, hy is die beste na my mening. Wie anders?

Manie ·

Niemand vra wie het die brons gewen nie. Kon maar laaste gekom het ook. Sou nie verskil gemaak het

Smirre ·

Daar is uitstaande swart spelers. Maar nog steeds te veel kwotas. Kwota speler is in die span ingesluit ten spyte van die feit dat hy tweede of derde beste is. En maak die cANCer se 50% teiken vol. Speler van kleur is beste in sy posisie en verdien op meriete om ingesluit te word. In die huidige senior bokspan net twee op meriete. Ander almal kwotas. Seker omtrent dieselfde vir die bontebokke juniors.

Wesley ·

Almal kla oor die spelers en kwotas, maar niemand vra oor Chean Roux of die bestuurspan se bevoegtheid nie? En wat van dat hierdie spelers omtrent net 6 wedstryde n jaar saamspeel, teenoor NH se junior sesnasies wat hul kans gee om n goeie span te bou. Net Frans C praat sense op hierdie kommentaar blad in my opinie.

Anoniem ·

Indien die beste beskikbare spelers gespeel het, kan die probleem net voor swak afrigting se deur gelê word. Die beste spelers met die beste afrigting word kampioene.

kolla ·

Dis nie so eenvoudig nie. Hoeveel keer het ons al die kompetisie gewen? Die mededinging is straf.

kolla ·

Noem die swart kwotas in die Bok-span? Onthou nou, ‘n kwota moet iemand wees wat baie duidelik baie swakker is as ‘n ander speler in sy posisie en nie net volgens jou spesifieke spankeuse nie (want almal se spankeuses verskil). So byvoorbeeld gaan jy my nie oortuig dat daar ‘n beter oopkant flank as Kolisi in die land is nie of dat Akker vd Merwe definitief beter as bv. Mbonambi is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.