Willemse op ’n vliegtuig na Japan

Damian Willemse – ernstig beseer (Foto @twitter Junior Springboks)

Die veelsydige Damian Willemse sal hom binnekort by die Springbokke in Japan aansluit, waar hy die beseerde Jesse Kriel in die Bokke se Wêreldbekergroep sal vervang.

Kriel het in die All Blacks-kragmeting sy dyspier beseer en nie voldoende van dié besering herstel om vir die oorblywende groepwedstryde in aanmerking te kom nie.

Die 21-jarige Willemse was die afgelope ruk ’n leenspeler vir Saracens in Engeland en sal hom Donderdag by die Springbokke aansluit. Hy het vyf wedstryde vir die span in 2018 gespeel.

“Damian sou baie meer by die span betrokke gewees het as dit nie vir sy ontydige besering was nie. Hy is gewoond aan ons strukture en dit is glad nie vir hom ’n probleem om in te skakel nie,” het Rassie Erasmus (afrigter) gesê.

Volgens Erasmus beteken Willemse se veelsydigheid dat hy so te sê in enige agterlynposisie kan uitdraf, terwyl ander senters in die groep Kriel se buitesenterverpligtinge kan behartig.

“Ek voel egter jammer vir Jesse. Hy was deel van die 23-tal in bykans elke wedstryd sedert ek deel van die opset geword het en hy is ’n sleutelspeler.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

What a joke! ·

Jammer om Kriel te verloor maar Willemse is n opwindende speler wie ek eerder voor Elton Jantjies speel..Hy en Herchelle Jantjies saam Kolbe bring n nuwe vlugvoetige aanval na die span hopelik sal sy verdediging hom nie in steek laat nie…

Piet ·

Mooi! nou moet ons net wen vergeet maar van die doemprofete!

Werner ·

Magnate se geld het hom seker ook soos Schalk Brits tot in die Wereldbeker-toernooi gebring?

spoed ·

Dis jammer van Kriel. Enigste van ons senters wat spoed het.

Stefaans ·

Dubbele elende met elendig(De Alende) wat steeds sukkel om uit die span te kom……..

Nico K ·

Willemse is ‘n uitstekende speler, maar ek twyfel of hy ‘n enkele wedstryd gaan speel. Was dit nodig om hom oor te vat.

ProotGraat ·

Damian kies ek ELKE keer voor Skouperd le Roux wat sy ogies so oulik toeknyp onder up and unders ….. en voor Mnr Blou Bul nr. 15 wat in absolute TREURIGE vorm is .

Judge Dredd ·

….wel, daar is redes hoekom party mense verloorders is…..

ap ·

O genade , juis waar hulle probleme het , Weet hulle nie van Rohan Janse Van Rensburg , Francois Venter , of selfs Curwin Bosh nie.

Niklaas ·

Wel, wie is beter as Willemse onder die reserwes wat regstaan om uit te help. Ek dink hy is selfs beter as Die Ellende wat aanval betref. Hoekom is Jan Serfontein uit die prentjie uit ?

ap ·

Ja nee de ellende gaan net erger word , hy is so voorspelbaar soos Fav wat n split doen voodat hy skop , vleuels van opposisie staan reg om die bal te vang en aan te val , min up & unders lei tot punte

What a joke! ·

Hehe die splits..gewis so..miskien laaik rassie om faf se soepel te sien..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.