Tennis
Suid-Afrika speel van vandag tot Sondag in hul Davis-bekerkragmeting teen Estland in Irene. Vandag word die eerste enkelspelwedstryde gespeel met die 19-jarige Lloyd Harris en Nik Scholtz wat as no. 1- en no. 2-enkelspelspeler diens sal doen.
Krieket
Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar môre in die derde van vyf eendagkragmetings op die Wanderers in Johannesburg.
Suid-Afrika loop met 2-0 voor in die reeks.
Reën was daarvoor verantwoordelik dat geen spel moontlik was in die tweede eendagkragmeting tussen Nieu-Seeland en Australië nie. Dit was in Napier op die Noord-Eiland van Nieu-Seeland.
Sunfoil-krieketreeks
Drie wedstryde het gister begin:
Pietermaritzburg
Dolphins 253/5 (72.3 bb)
Titans
Paarl
Cape Cobras 154
Knights 137/6 (42 ov)
Oos Londen
Lions 107/3 (30.3 ov)
Warriors
Gholf
In die Europese Reeks is die eerste ronde van die Omega Dubai Desert Classic voltooi.
1 Sergio Garcia -7 F -7 65 65
2 Felipe Aguilar -6 F -6 66 66
George Coetzee -6 F -6 66 66
25 Brandon Stone -2 F -2 70 70
Haydn Porteous -2 F -2 70 70
Tiger Woods het vyf houe oor syfer 77 gespeel.
In die VSA is die eerste ronde van die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona, afgehandel.
1 Matt Kuchar -7 F -7 64 64
2 Hideki Matsuyama -6 F -6 65 65
Brendan Steele -6 F -6 65 65
18 Louis Oosthuizen -3 F -3 68 68
38 Tyrone v Aswegen -1 F -1 70 70
Op die Zwartkop-gholfbaan in Pretoria is die derde en finale ronde van die Tshwane Ope vir vroue gister afgehandel.
204 – Kiran Matharu (ENG) 68 69 67
209 – Monique Smit 70 72 67, Ashleigh Buhai 75 66 68
212 – Nicole Garcia 74 68 70
Sewesrugby
Die vierde been van die Wêreldsewesreeks word dié naweek in Sydney gespeel.
Die Blitsbokke speel môre in die groepfase teen Japan (02:20 SA tyd), Kenia (06:15 SA tyd) en dan teen Engeland (11:13 SA tyd). Suid-Afrika is ná drie toernooie met 12 punte voor op die punteleer.
Sesnasiesrugby
Die 2017-seisoen skop dié naweek af met drie wedstryde.
4 Skotland v Ierland Murrayfield 16:25
4 Engeland v Frankryk Twickenham 18:50
5 Italië v Wallis Stadio Olimpico 16:00
Varsityrugby
Komende Maandag word die tweede ronde van die kompetisie gespeel.
6 UCT v CUT 16:45
6 UJ v Shimlas 18:30
6 Maties v Wits 18:30
6 Puk v Madibaz 19:00
Sokker
In die Afcon-beker se tweede halfeindwedstryd gisteraand het Kameroen teen Ghana uitgedraf. Kameroen het koning gekraai met 2-0 en sal nou teen Egipte in die eindstryd te staan kom.
In die Engelse Premierliga lyk môre se bepalings so:
Chelsea v Arsenal 14:30
Crystal Palace v Sunderland 17:00
Watford v Burnley 17:00
West Bromwich v Stoke City 17:00
Southampton v West Ham United 17:00
Everton v AFC Bournemouth 17:00
Hull City v Liverpool 17:00
Tottenham Hotspur v Middlesbrough