Die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie eis antwoorde oor die SAUK se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn Wes-Kaapse hooggeregshof-uitspraak wat Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as groepshoof van korporatiewe sake by die openbare uitsaaier as onwettig verklaar het.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 Februarie 2017
Twee weer vas ná ontsnapping uit polisiestasie
Twee van die nege gevangenes wat Woensdag uit die selle van die polisiestasie in Stellenbosch ontsnap het, is weer vasgetrek.
Gewapende rowers slaan op gastehuis toe
Drie gewapende rowers het Donderdagaand op ʼn gastehuis in uMgeni Park in die noorde van Durban toegeslaan, net meer as ʼn week nadat ʼn vrou wreed in haar huis in dieselfde buurt aangerand is.
Man sterf in gru-botsing in Carletonville
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Vrydagoggend dood nadat sy motor reg van voor teen ʼn vragmotor in Carletonville gebots het.
Aanvaller by Louvre in Parys geskiet
Volgens plaaslike media het die Franse eerste minister, Bernard Cazeneuve, die aanval as “terroristies van aard” beskryf.
Klag teen Eskom-hoof ná ma doodskok
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag in samewerking met die gemeenskap van Grabouw in die Wes-Kaap ’n klag van strafbare manslag teen Matshela Koko, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, aanhangig gemaak.
Twee uit SA verban oor renosterhoring, ivoor
Die twee Chinese mans wat Maandag deur die Valke se bedreigdespesies-eenheid in hegtenis geneem is nadat hulle ʼn rugsak met renosterhoring, ivoor en hul paspoorte by ʼn restaurant in Houtbaai vergeet het, is uit Suid-Afrika verban.
ToekomsVenster: ʼn God wat liefhet
Here, nie mý passies of gedagtes nie, maar ú passies en ú liefde.
Woord: Sondagskind
Waarom verwys ons na ‘n gelukkige persoon as ‘n “Sondagskind”?
‘Ons is hard geslaan’, sê Afrikaanse sangeres ná derde tragedie
“Ons familie is hard geslaan deur die dood die afgelope paar maande. Dit breek mens se hart in miljoen stukkies.”
Oudio-Bybels vir swaksiende senior burgers
Talle swaksiende senior burgers van die Harmoniepark Tehuis in Pretoria, wat nie meer in staat is om te lees nie, het vandeesweek oudio-Bybels ontvang.
Adjunkhoof by landdroshof doodgesteek
ʼn 46-jarige beskuldigde is Vrydag vermoedelik uit weerwraak by ʼn landdroshof in Limpopo doodgesteek.
Die wêreld in foto’s – 3 Februarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Stellenbosch-bylmoorde: Verhoor begin dan
Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Nuuskommentaar: Trump-administrasie en die werklikheid
Van pres. Donald Trump se ministers het skaars hul poste ingeneem of daar is geluide wat meer in pas met die werklikheid is. Intussen lyk dit of die leuens om Trump te diskrediteer nie afneem nie en kan tereg gevra word of dit, en nie Trump self nie, die grootste bedreiging vir demokrasie inhou.
‘Groen’ medaljes vir Tokio 2020
“Elke burger kry nou ʼn kans om ʼn bydrae vir die Olimpiese Spele te lewer.”
Rusie lei glo tot moord
ʼn Man wat na bewering sy vriend op ʼn kleinhoewe naby Vanderbijlpark vermoor het voordat die liggaam in ʼn vlak graf begrawe is, is in hegtenis geneem danksy inligting wat deur die plaaslike AfriForum-buurtwag aan die polisie verskaf is.
Buurtwag help gekaapte motor vinnig opspoor
Vinnige optrede Donderdagaand deur AfriForum se buurtwag in Kempton Park, in samewerking met die polisie, het daartoe gelei dat ʼn gekaapte motor minder as drie uur ná die kaping opgespoor is.
Anika-saak: Smiley hoor oor borgtog
André van Wyk se ma het in trane uitgebars nadat die uitspraak gelewer is.
Video: 15 jaar sedert Jak se nougat-treffer
Daar was ʼn tyd toe dié liedjie in elke tiener en student se kamer gespeel het – ʼn liedjie oor liefde, langafstandverhoudings en Sally Williams-nougat. Kortom, ʼn wenresep.