Die wêreldbekende Laureus-sporttoekennings het gisteraand in die Franse Riviera in Monaco plaasgevind. Die room van sportlui was byeen om te sien wie vanjaar met die louere wegstap.
Roger Federer het sy vyfde en sesde Laureus-beeldjies ingepalm en daarmee het hy die mees bekroonde Laureus-wenner in die geskiedenis geword. Federer is as sportman van die jaar asook terugkerende sportman van die jaar, ná sy knieoperasie, aangewys.
Serena Williams is as sportvrou van die jaar gekroon.
Sergio García het die “deurbraak van die jaar”-toekenning ontvang en Mercedes is as span van die jaar aangewys ná hul vierde oorwinning in die Formule Een-kampioenskap.
Krieket
- Die tweede Eendag-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland het vroeër in Mount Maunganui begin. Die loot is deur Engeland gewen wat eerste veldwerk doen. Nieu-Seeland was in die moeilikheid op 122/6 na 33 boulbeurte. Nieu-Seeland het die eerste wedstryd gewen.
- Suid-Afrika en Australië pak mekaar môre in die eerste van vier toetswedstryde. Die eerste toets word in Durban gespeel waarna die aksie na Port Elizabeth, Kaapstad en Johannesburg verskuif. Die Aussies het Engeland onlangs met 4-0 in die Reeks om die AS geklop wat beteken die span doen goed in alle fasette van die spel.
Rugby
- In die Superrugby-reeks word daar komende naweek weer sewe wedstryde gespeel.
2 | Blues | v | Chiefs | Eden Park | 08:35 |
2 | Reds | v | Brumbies | Suncorp Stadion | 11:00 |
3 | Sunwolves | v | Rebels | Prince Chichibu Gedenkstadion | 06:15 |
3 | Crusaders | v | Stormers | AMI Stadion | 08:35 |
3 | Sharks | v | Waratahs | Kings Park | 15:05 |
3 | Bulls | v | Lions | Loftus Versfeld | 17:15 |
3 | Jaguares | v | Hurricanes | Estadio Jose Amalfitani | 23:40 |
In ʼn verrassende skuif is Franco Mostert op flank gekies vir die Lions terwyl Marvin Orie slot sal speel.
- In die Pro14-reeks is die Kings en Cheetahs komende naweek terug by die huis.
2 | Kings | v | Newport Gwent Dragons | Nelson Mandela Bay Stadion | 19:35 |
2 | Cardiff Blues | v | Benetton | Cardiff Arms Park | 21:35 |
2 | Ulster | v | Glasgow Warriors | Kingspan Stadion | 21:35 |
2 | Edinburgh | v | Munster | Myreside | 21:35 |
3 | Scarlets | v | Leinster | Parc Y Scarlets | 17:15 |
3 | Zebre | v | Ospreys | Stadio Lanfranchi | 19:30 |
3 | Cheetahs | v | Connacht | Toyota Stadion | 19:35 |
- Sewes-Rugby
Suid-Afrika se twee spanne vir die Statebondspele in Australië is bekend gemaak. Die manspan sal hul titel wat hulle vier jaar gelede in Glasgow gewen het, verdedig. Sewe van die spelers sal weer in aksie wees. Hulle is Kyle Brown, Justin Geduld, Cecil Afrika, Werner Kok, Branco du Preez, Kwagga Smith en Seabelo Senatla. Suid-Afrika se vrouespan sal ook hul staal toon.
- Op die jongste Varsitybeker se punteleer is die Maties steeds die voorlopers.
Pos | Span | G | W | Ge | Ve | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | FNB Maties | 5 | 4 | 1 | 0 | 216 | 82 | 134 | 22 |
2 | FNB Wits | 5 | 3 | 1 | 1 | 141 | 148 | -7 | 18 |
3 | FNB NWU | 4 | 3 | 0 | 1 | 140 | 45 | 95 | 15 |
4 | FNB Ikeys | 5 | 3 | 0 | 2 | 121 | 107 | 14 | 15 |
5 | FNB Shimlas | 5 | 3 | 0 | 2 | 128 | 173 | -45 | 14 |
6 | FNB UJ | 4 | 2 | 0 | 2 | 115 | 82 | 33 | 11 |
7 | FNB CUT | 4 | 1 | 0 | 3 | 78 | 230 | -152 | 5 |
8 | FNB Madibaz | 4 | 0 | 0 | 4 | 88 | 134 | -46 | 3 |
9 | FNB UP Tuks | 4 | 0 | 0 | 4 | 65 | 91 | -26 | 2 |
Gholf
- Die week se toernooie lyk só:
In die Amerikaanse PGA-reeks word die Puerto Rico Ope by die Coco Beach Buiteklub gespeel.
Die Europese reeks verskuif dié week na Suid-Afrika vir die Tshwane Ope by die Pretoria-buiteklub. Andre De Decker, van Suid-Afrika, het gister die kwalifiseringskompetisie gewen ná ʼn ronde van 66, wat ses houe beter is as baansyfer.
Tennis
- By die Mexikaanse Ope in Acapulco het die vyfde gekeurde Kevin Anderson na die laaste sestien deurgedring. Anderson het vir Radu Albot met 6-4 en 6-3 geklop. John Isner, wat agtste gekeur was, is egter uitgeskakel. Die eerste gekeurde Rafael Nadal en die tweede gekeurde Andre Zverev sal vandag in aksie wees.
Sokker
- In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel.
Baroka FC 2 – 0 Cape Town City FC
- In die Engelse FA-Beker is een wedstryd gisteraand gespeel.
Swansea City 2 – 0 Sheffield Wednesday