Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika speel vandag in hul enigste T20-wedstryd teen Sri Lanka in Colombo. Suid-Afrika het die Eendag-reeks gewen, maar die toetsreeks verloor.
  • JP Duminy het met sy 227 lopies in die Eendag-reeks met 11 plekke op die wêreld se kolf-ranglys verbeter en is nou 40ste. As veelsydige speler is hy 23ste. Quinton de Kock is sewende op die kolf-ranglys en Kagiso Rabada is agste op die boul-ranglys.
  • Intussen is Kagiso Rabada deur Wisden as die jong krieketster van die jaar aangewys. Rabada het reeds 151 paaltjies in sy 32 toetse sedert 2015 platgetrek.
  • Die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië begin Saterdag op Trent Bridge. Engeland het die eerste twee toetse gewen en loop met 2 – 0 voor in die reeks van vyf toetse. 

Gholf

  • Ná die 4de Major van die jaar is Brooks Koepka nou tweede op die jongste wêreldranglys.

1 Dustin Johnson
2 Brooks Koepka
3 Justin Thomas
4 Justin Rose
5 Jon Rahm
26 Tiger Woods
35 Louis Oosthuizen
37 Branden Grace 

  • Dit wil voorkom of Tiger Woods tog aanstaande maand vir Amerika in die Ryderbeker teen Europa kan speel. Met Tiger se tweede plek in die 100ste Amerikaanse PGA-kampioenskap blyk dit dat hy die kapteinskeuse kan wees vir die Ryderbeker-span. Jim Furyk is die kaptein wat die Amerikaanse span vir die tweestryd in Frankryk moet aanwys. 

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Moto GP was die elfde wedren van die seisoen. Marc Marquez (Repsol Honda) is nou 59 punte voor sy naaste teenstander. 

Op die jongste punteleer:

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 201
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 142
3 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
4 Andrea Dovizioso (Ducati) 129
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 113 

Tennis

  • Ná die Toronto-meesters is Rafael Nadal steeds die voorste speler in die wêreld.

1 Rafael Nadal
2 Roger Federer
3 Juan Martin Del Potro
4 Alexander Zverev
5 Grigor Dimitrov
6 Kevin Anderson 

  • Simona Halep is die voorste vroue-speler in die wêreld.

1 Simona Halep
2 Caroline Wozniacki
3 Sloane Stephens
4 Angelique Kerber 

  • Andy Murray het gister in die eerste ronde van die Cincinnati Meesters pak gekry. Lucas Pouille het Murray in die openingsronde met 6-1, 1-6 en 6-4 uitgeskakel. 

Rugby

  • Op die internasionale front begin die Rugbykampioenskap komende naweek terwyl die Curriebeker-kompetisie Vrydag afskop. Die Bokke speel Saterdag in Durban teen Argentinië. Volgens Rassie Erasmus kan Eben Etzebeth in die beginspan uitdraf. 

Hokkie

  • Die verdedigende kampioene in die mans- en vroue-afdelings het beide goed begin in die CTM Premierliga in Randburg. Die Maropeng Cavemen en die Orange River Rafters het beide hul twee wedstryde gewen. Die Cavemen het die Garden Route Gazzeles met 4-3 in ʼn doeluitskietstryd geklop en toe die Mapungubwe Mambas met 4-1 geklop. 

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

Baroka 19:30 Kaizer Chiefs

  • In die MTN8-reeks is die loting vir die halfeindstryde gedoen. Die datum en tyd van die wedstryde sal later deur die PSL bekend gemaak word.

SuperSport United teen Kaizer Chiefs
Cape Town City teen Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.