Tennis
- Die Australiese Ope het gister sy tweede dag in Melbourne beleef.
- Van die manspelers wat hul eerste ronde wedstryde gewen het sluit in (1) Novak Djokovic, (7) DominicThiem en (8) Kei Nishikori.
- In die vroue-afdeling was daar oorwinnings vir (1) Simona Halep, (4) Naomi Osaka en (6) Elina Svitolina.
- Vandag speel (5) Kevin Anderson in die tweede ronde teen die ongekeurde Frances Tiafoe van Amerika. In die dubbelspel is Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus sesde gekeur en hulle speel ook vandag in hul eerste wedstryd.
Motorwedrenne
- Die 41ste Dakar-tydren se agtste skof is gister in Peru gejaag.
- In die motorafdeling het Sebastien Loeb (Peugeot) sy vierde skof-oorwinning van die tydren behaal. Nasser Al-Attiyah (Toyota) was tweede en Giniel de Villiers vierde. Nasser Al-Attiyah se algehele voorsprong is nou 46 minute met net twee skofte wat oorbly. Nani Roma is in die tweede plek. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) is algeheel tiende.
- In die motorfietsafdeling is Toby Price (KTM) die voorloper met Pablo Quintanilla tweede.
Krieket
- Die Proteas en Pakistan se eerste eendagwedstryd word Saterdag in Port Elizabeth gespeel. Dié twee lande sal in vyf eendagwedstryde en drie T20-wedstryde kragte meet.
- Op die jongste wêreldranglys vir eendagspanne is Suid-Afrika tans vierde.
1 Engeland 126
2 Indië 119
3 Nieu-Seeland 113
4 Suid-Afrika 111
5 Pakistan 102
6 Australië 101
7 Bangladesj 93
8 Sri Lanka 78
9 Wes-Indiese Eilande 72
10 Afganistan 67
- Australië en Indië se tweede eendagwedstryd is gister in Adelaide gespeel.
Australië 298/9
Indië 299/4 (49.2/50 bb, teiken was 299)
Indië wen met 6 paaltjies (met 4 balle oor) Virat Kohli het sy 39ste honderdtal aangeteken.
- In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul tweede dag beleef.
Kaapstad
Cape Cobras 239 en 105/2
Warriors 343
Cobras is met een lopie voor met agt paaltjies staande.
Benoni
Titans 229
Lions 272/4
Lions is 43 lopies voor met ses paaltjies staande.
Pietermaritzburg
Dolphins 330/6 (96 bb)
Knights
Geen spel was moontlik nie as gevolg van reën.
Rugby
- Die Kings se haker, Michael Willemse, het bevestig dat hy in gesprek is met die Skotse span Edinburgh.
Swem
- FINA het aangekondig dat dié liggaam voortaan swemmers sal toelaat om aan onafhanklike kompetisies deel te neem. Van die wêreld se top-swemmers kla die afgelope tyd dat hulle meer geld wil verdien.
Atletiek
Caster Semenya se afrigter het gister gesê dat hulle daarop fokus om die wêreldrekord in die 800 m vanjaar te verbeter. Dié rekord staan sedert 1983 agter die naam van Jarmila Kratochvílova (Tjeg) op 1:53.28.
Netbal
- In die vierhoekige-reeks in Liverpool speel Suid-Afrika later die week teen Nieu Seeland en ook Engeland.
Gholf
- Die kollig val dié week op Abu Dhabi se HSBC-kampioenskap wat vandag in dié Verenigde Arabiese Emiraat afskop en wat deel is van die Europese Toer. Die eerste drie spelers om 07:20 op die bof is Suid-Afrika se Justin Walters wat saam met Liam Johnston en David Horsey afslaan.
- In Amerika begin die Career Builder Uitdaging môre op La Quinta in Kalifornië.
Sokker
- In die Engelse Premierliga is Liverpool steeds die voorlopers op die punteleer.
1 Liverpool 57
2 Manchester City 53
3 Tottenham Hotspur 48
4 Chelsea 47
5 Arsenal 41
6 Manchester United 41
- In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand drie wedstryde gespeel.
Cape Town City 19:30 Free State Stars
Mamelodi Sundowns 19:30 Maritzburg United
AmaZulu 19:30 Kaizer Chiefs