Sewesrugby
- Ná die vierde toernooi van die wêreldreeks in Sydney is Suid-Afrika steeds vierde op die punteleer.
- Nieu-Seeland 76
- VSA 76
- Fidji 72
- Suid-Afrika 57
- Engeland 55
- Die topverdediger in die reeks is Werner Kok met 56 duikslae. Die voorste puntemaker in die reeks is Siviwe Soyizwapi met 80 punte (16 drieë).
- Die volgende been van die wêreldreeks word van 1 tot 3 Maart in Las Vegas gespeel.
Rugby
- Ná die naweek se eerste ronde van die Sesnasies-toernooi is Skotland die voorloper op die punteleer.
1 Skotland 5
2 Engeland 5
3 Wallis 4
4 Frankryk 1
5 Ierland 0
6 Italië 0
- Intussen het dit bekend geword dat CJ Stander (Ierland se agtsteman) minstens die volgende twee wedstryde in die Sesnasies-toernooi gaan misloop weens ʼn gesigbesering. Skotland se WP Nel het ʼn kuitbesering opgedoen en daar is vraagtekens oor sy beskikbaarheid vir die wedstryd teen Ierland dié naweek.
- Op die jongste wêreldranglys vir rugbyspelende lande is Nieu-Seeland steeds eerste.
- Nieu-Seeland 92.54
- Ierland 89.37
- Engeland 88.02
- Wallis 87.55
- Suid-Afrika 84.58
- Australië 82.40
- Skotland 81.84
- Fidji 77,95
- Argentinië 77.05
- Frankryk 77.02
- In die Pro14-kompetisie is Munster steeds die voorloper in Konferensie A terwyl Leinster die pas aangee in Konferensie B. Die Cheetahs is sesde in Konferensie A en die Kings sewende in B.
- Die Suid-Afrikaanse skeidsregter AJ Jacobs is aangestel as een van twee nuwe wedstrydbeamptes vir vanjaar se Superrugby-reeks.
Varsitybeker
- Die 2019-seisoen het gister afgeskop met vier wedstryde wat gespeel is.
UJ 8–23 NWU-Pukke
UP-Tuks 23–6 CUT
UCT Ikeys 32–24 UWC
Maties 33–17 Wits
Krieket
- Suid-Afrika en Pakistan se derde en laaste T20-wedstryd word môre in Centurion afgehandel. Suid-Afrika is tans derde op die T20-wêreldranglys.
1 Pakistan 134
2 Indië 126
3 Suid-Afrika 120
4 Engeland 118
5 Australië 117
6 Nieu-Seeland 113
- Nieu-Seeland en Indië se eerste T20-wedstryd word môre beslis.
Gholf
- Branden Grace het ná sy tweede plek in die naweek se Phoenix Ope na die 40ste posisie op die wêreldranglys opgeskuif.
1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
25 Louis Oosthuizen
40 Branden Grace
- In die Sonskynreeks vir vroue begin Serengeti se spankompetisie, met ʼn prysgeld van R100 000, vandag. Lejan Lewthwaite en Nobuhle Dlamini is Suid-Afrika se groot hoop in dié toernooi.
Kanovaart
- Die Spaanse ster, Ivan Alonso, het hom ingeskryf vir die Dusi-kanomarathon wat oor minder as twee weke plaasvind. Alonso spog met drie wêreldtitels agter sy naam.
Sokker
- In die Engelse Premierliga is gister een wedstryd afgehandel.
West Ham United 1–1 Liverpool
In die plaaslike Premierliga is Wits gemaklik voor op die punteleer.
1 Bidvest Wits 37
2 Orlando Pirates 32
3 Mamelodi Sundowns 31
4 Cape Town City 30
5 Bloemfontein Celtic 28