Netbal
- Kaapstad is aangewys om die 2023 Wêreldbekertoernooi aan te bied. Dié bod is in November verlede jaar in Singapoer gemaak.
Rugby
- Die eerste twee wedstryde in dié naweek se Superrugby-reeks word vandag gespeel.
Vandag
Hurricanes 8:35 Highlanders
Rebels 10:45 Brumbies
Môre
Crusaders 6:15 Chiefs
Blues 8:35 Sunwolves
Waratahs 10:45 Reds
Lions 15:05 Jaguares
Die Lions het die jong spelers Wandisile Simelane, Ruan Vermaak en Vincent Tshituka in hul span ingesluit.
Bulls 17:15 Sharks
Die Sharks se span toon vier veranderinge vir dié kragmeting. Gideon Koegelenberg speel slot, Wian Vosloo flank en Rhyno Smith heelagter.
- Drie wedstryde word dié naweek in die Sesnasies-reeks
Môre
Skotland 16:15 Wallis
Engeland 18:45 Italië
Sondag
Ierland 17:00 Frankryk
Sewesrugby
- Die wêreldreeks verskuif dié naweek na Kanada. Suid-Afrika se eerste wedstryd is môreaand.
Saterdagaand
Suid-Afrika 21:23 Chili
Sondagoggend
Suid-Afrika 00:52 Wallis
VSA 04:46 Suid-Afrika
Die toernooi eindig eers vroeg Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd.
Krieket
- Suid-Afrika se derde eendagwedstryd teen Sri Lanka word Sondag op Kingsmead gespeel. Suid-Afrika loop met 2-0 voor in dié reeks van vyf wedstryde.
- Indië en Australië se derde eendagwedstryd word vandag gespeel. Indië loop met twee nul voor in dié reeks.
- Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede T20-wedstryd word ook vandag afgehandel. Engeland is met een nul voor in dié reeks.
- In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister gespeel.
Cape Cobras 281/9
Highveld Lions 278/9 (50 bb, teiken was 282)
Cape Cobras neem drie paaltjies in die laaste boulbeurt en wen met drie lopies.
Vandag word daar een wedstryd afgehandel.
Titans 13:30 Warriors
Tennis
- By die Paribas Ope op Indian Wells sal Tomas Berdych en Feliciano Lopez mekaar vandag pak.
- In die dubbelspel sal Suid-Afrika se (7) Raven Klaasen en Michael Venus in die eerste ronde in aksie wees.
- By die vrouetoernooi op Indian Wells sal (2) Simona Halep asook (4) Sloane Stephens vandag in aksie wees.
Gholf
- Die eerste ronde van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi is in Florida afgehandel.
1 Rafa Cabrera Bello -7
2 Keegan Bradley -5
33 Ernie Els -1
- In die Europese reeks is die Dakar Meesters se eerste ronde in Doha voltooi.
1 Justin Walters -5
Adri Arnaus -5
3 Bradley Dredge -4
Mike Lorenzo-Vera -4
George Coetzee -4
Justin Harding -4
- In die Sonskynreeks het die spelers gister afgeslaan in die Limpopo Kampioenskap in Modimolle.
1 JC Ritchie -6
2 Rourke van der Spuy -5
Jaco Ahlers -5
Riekus Nortje -5
5 Neil Schietekat -4
Steve Surry -4
Ross McGowan -4
- Die tweede ronde van die Kaapstad Ope vir vroue is gister op die Royal Cape-gholfbaan voltooi.
144 – Lee-Anne Pace 72 72, Kajal Mistry (AMA) 70 74
145 – Carrie Park (KOR) 72 73, Tiia Koivisto (FIN) 70 75
146 – Caroline Rominger (SUI) 73 73
Fietsry
- Die Kaapstad Fietswedren word Sondag afgehandel en meer as 35 000 ryers sal in aksie wees.
Motorwedrenne
- Die eerste Moto GP van die 2019 seisoen word Sondag in Doha in Katar gejaag. Die oefenrondes begin vandag terwyl die kwalifisering môre sal plaasvind. Die hoofwedren begin Sondag om 19:00 en word voorafgegaan deur die Moto3- en Moto2-wedren.
Sokker
- In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde gespeel.
Crystal Palace 14:30 Brighton & Hove Albion
Newcastle United 17:00 Everton
Cardiff City 17:00 West Ham United
Leicester City 17:00 Fulham
Huddersfield Town 17:00 AFC Bournemouth
Southampton 17:00 Tottenham Hotspur
Manchester City 19:30 Watford
- In die plaaslike Premierliga word daar môre vier wedstryde afgehandel.
Highlands Park 15:30 Baroka FC
Polokwane City 15:30 Golden Arrows
Kaizer Chiefs 18:00 Maritzburg United
AmaZulu FC 20:15 Bidvest Wits