Vandag se sportnuus

Ruan Botha. Foto: ANA.

Rugby:

  • Die Sharks se Ruan Botha pak binnekort sy tasse vir die Britse klub London Irish. Botha, wat 2,05 m in sy sokkies staan en die skaal op 124 kg laat kreun, het 64 Superrugby-wedstryde vir die KwaZulu-Natallers gespeel.
  • Vyf Superrugby-kragmetings word die naweek gespeel:

Chiefs vs. Reds (09:35, Vrydag)

Brumbies vs. Bulls (11:45, Vrydag)

Sunwolves vs. Rebels (07:15, Saterdag)

Crusaders vs. Blues (09:35, Saterdag)

Waratahs vs. Jaguares (11:45, Saterdag)

Stormers vs. Highlanders (15:05, Saterdag)

Sharks vs. Lions (17:15, Saterdag)

  • Die volgende toernooi van die HSBC-sewesreeks word Saterdag en Sondag op Twickenham beslis. Die Blitsbokke is tans vierde in die reeks op 121 punte; 24 punte agter die VSA wat met hul 145 punte die reeksvoorlopers is.

Chanel Simmonds. Foto: ANA.

Krieket:

  • Australië is propvol selfvertroue met die terugkeer van Steve Smith en David Warner tot die span. Dié twee het ’n jaarlange skorsing uitgedien vir hul betrokkenheid in die balpeutersaga op Nuweland verlede jaar.

    Die Aussies speel op 1 Junie teen Afghanistan in hul openingswedstryd van die Wêreldbeker. Hulle is die verdedigende WB-kampioen én hulle het hul laaste agt eendagwedstryde (teen Indië en Pakistan) gewen.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Chanel Simmonds het vir Ya-Hsuan Lee in die eindstryd van die Changuan Korea Toernooi gewen. Die telling was 6 – 3, 7 – 5 in die Suid-Afrikaner se guns. Sy het ’n wentjek van $25 000 in haar sak gesteek.

Sokker:

  • Real Madrid se Toni Kroos sal nog ’n ruk by die Spaanse klub bly. Die Duitse speler het ’n kontrak van vier jaar geteken, wat hom tot 2023 in Madrid sal hou. Intussen behoort Gareth Bale, Nacho, Sergio Reguilon, Isco en Marco Llorente die klub te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.