Vandag se sportnuus

Erik van Rooyen. (Anders Wiklund/TT via AP)

Gholf:

  • Suid-Afrika het nóg ’n gholfspeler onder die top-100 spelers ter wêreld!
  • Die 29-jarige Erik van Rooyen is nou 61ste gekeur ná sy spogoorwinning die afgelope naweek by die Skandinawiese Uitdaagtoernooi in Swede.
  • Ander Suid-Afrikaners sluit Louis Oosthuizen (22ste) en Justin Hardin (52ste) in.

Tennis:

  • Raven Klaasen en sy Nieu-Seelandse dubbelspelspanmaat, Michael Venus, sal môre teen Frankryk se Gilles Simon en Adrian Mannarino in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope te staan kom.
  • In gister se enkelspelwedstryde het Serena Williams verspot maklik met Maria Sharapova klaargespeel, terwyl Novak Djokovic en Roger Federer na die tweede ronde deurgedring het.
  • Ashleigh Barty 1-6, 6-3 en 6-2 teen Zarina Diyas
  • Serena Williams 6-1 en 6-1 teen Maria Sharapova
  • Anastasija Sevastova 6-3 en 6-3 teen Genie Bouchard
  • Kristina Mladenovic 7-5, 0-6 en 6-4 teen Angelique Kerber
  • Venus Williams 6-1 en 6-0 teen Zheng SaiSai
  • Novak Djokovic 6-4, 6-1 en 6-4 teen Roberto Caballes Baena
  • Roger Federer 4-6, 6-1, 6-2 en 6-4 teen Sumit Nagal
  • Kei Nishikori het na die volgende ronde deurgedring toe sy Argentynse teenstander, Marco Trungelliti, weens ’n besering moes onttrek.

Rugby:

  • Springbok-breier Rassie Erasmus sê hy is baie tevrede met die groep van 31 spelers wat hy vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi gekies het.
  • “Ons skaaf al aan die groep sedert die begin van verlede jaar se seisoen en in hierdie 31 spelers het ons ’n goeie balans tussen jeug en ervaring,” het Erasmus gesê.
  • “Ons het ’n doelwit vir onsself gestel wat die diepte van die span betref en ek is vol vertroue dat dié groep spelers hulle goed van hul taak in ’n uitspeelwedstryd kan kwyt.”
  • Die Springbokke speel op 6 September in ’n opwarmingswedstryd teen Japan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gam ·

Hoe kan Kolisi die clown in die eerste plek oorweeg word vir die span? Self destruction Rassie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.