Vandag se sportnuus

Lloyd Harris. (AP Photo/Tertius Pickard).

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris het na die eindstryd van die Adelaide International-toernooi in Australië deurgedring.

Die 22-jarige het pas Amerika se Tommy Paul met 6-4, 7-6 en 6-3 geklop.

  • Daar sal ’n ondersteunerspark langs die baan tydens Roger Federer se liefdadigheidswedstryd teen Rafael Nadal op 7 Februarie in Kaapstad wees. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Krieket:

  • Engeland het die eerste dag van die derde toets teen die Proteas in Port Elizabeth op 224/4 afgesluit.

Joe Root het die loot gewen en nie gehuiwer om eerste te kolf nie. Hoewel die Suid-Afrikaanse boulers hard moes werk vir hul paaltjies, het hulle die toerspan se lopietempo goed onder beheer gehou en dit was net ’n blink vennootskap van 76 lopies om die vyfde paaltjie tussen Ollie Pope (39) en Ben Stokes (38) wat hul beurt weer momentum gegee het.

Kagiso Rabada (2/58) het met vuur en aggressie geboul, terwyl Keshav Maharaj net 55 lopies in sy 32 boulbeurte afgestaan het.

  • Intussen is die Brisbane Heat vir slegs 100 lopies in hul Big Bash League-wedstryd teen die Adelaide Strikers uitgehaal.

AB de Villiers kon slegs twee lopies aanteken voordat hy deur Jake Weatherhald van Mike Nessar se boulwerk uitgevang is.

Gholf:

  • Suid-Afrika se Shaun Norris het ’n skitterronde van 64 by die Abu Dhabi-kampioenskap gespeel om die voortou te neem. Die wêreld se topspeler, Amerika se Brooks Koepka, is in die gesamentlike derde plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JK ·

Rabada wat so gaan gil en skreeu in die kolwers se gesig…dan word hy vasgevat dan kerm faf en kg weer rasisme. Tyd dat CSA en ICC hom bietjie vasvat.

Karl ·

@JK, ek stem 100% saam, toe Johnsonn en Smith net geskreeu het (vir mekaar) het Faf gekerm, en hul was gefine. Toe Broad hande in die lug gehardloop het en gecelebrate het, het Faf gemoan en hys gefine. Maar Rabada kan skreeu en spoeg en batsmen stamp soos hy tekere gaan dan is dit “passie en Protea Fire” belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.