Vandag se sportnuus

Andries Coetzee is weer terug by die Lions. Foto: Twitter via Lions-rugby.

Rugby:

  • Die voormalige Springbok-heelagter Andries Coetzee is terug in Johannesburg nadat hy vir die Kintetsu Liners in Japan gespeel het.

Hy sal egter nie saam met die Lions na Argentinië toer vir hul openingswedstryd van die 2020-Superrugbyseisoen nie.

Die 37-jarige stut Jannie du Plessis is wel in Ivan van Rooyen se toergroep van 25 spelers opgeneem en hy kan vir ’n lekker voorry saam met spelers soos Carlu Sadie en Kie. sorg.

Nóg ’n voormalige Bok-hardebaard, die losvoorspeler Willem Alberts, behoort ook deel van die Lions se planne vir die komende seisoen te wees.

Die Lions-groep vir hul Jaguares-wedstryd: Hacjivah Dayimani, Jannie du Plessis, Jan-Henning Campher, Pieter Jansen, Len Massyn, Marvin Orie, Carlu Sadie, Marnus Schoeman, Ruben Schoeman, Sti Sithole, Dylan Smith, Vincent Tshituka, Wilhelm van der Sluys, Frans van Wyk, Ruan Vermaak, Tyrone Green, Elton Jantjies, Dan Kriel, Duncan Matthews, Manuel Rass, Shaun Reynolds, Courtnall Skosan, Tiaan Swanepoel. Morné van den Berg en André Warner.

Krieket:

  • Die Proteas het gister die vierde en laaste toets op die Wanderers teen Engeland met 191 lopies verloor.

Die uitslag sorg dat hulle die toetsreeks met 3 – 1 verloor.

Dit is die eerste keer sedert die 2004-2005-seisoen dat die Suid-Afrikaanse krieketspan drie agtereenvolgende toetsreekse verloor.

Tennis:

  • Roger Federer is tans in ’n klipharde kwartfinaal-stryd in die Australiese Ope teen Amerika se Tennys Sandgren gewikkel.

Die jongste beskikbare telling is 3 – 6, 6 – 2 en 5 – 2 in die Amerikaner se guns.

Net soos in Federer se geval is Sandgren se ma ook ’n Suid-Afrikaner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.