Vandag se sportnuus

Roger Federer. Foto: Twitter.

Tennis:

  • Roger Federer het ongeveer R18 miljoen geskenk om hulpbehoewende Switserse gesinne tydens die Covid-19-pandemie by te staan.

“Dit is ’n moeilike tyd vir ons almal en ek en my vrou, Mirka, het gesamentlik besluit om een miljoen Switserse frank aan sukkelende families in die land te skenk.

“Hopelik is ons bydrae net die begin en ander sal ook hul harte en beursies oopmaak. Saam kan ons wen en bo uitkom,” het Federer gesê.

Die 38-jarige tennissuperster het in Februarie saam met Rafael Nadal die wêreldrekord vir die meeste toeskouers by ’n tenniswedstryd verbeter, toe meer as 51 000 entoesiastiese Suid-Afrikaners die Match in Africa-vertoonwedstryd bygewoon het.

  • Dan doen Nadal ook sy deel vir Covid-19-slagoffers in Spanje – die land met die tweede hoogste koronavirus-sterftesyfer.

Die 33-jarige tennisheld sal saam met die NBA-ster Pau Gasol poog om €11 miljoen in te samel.

“Die Spaanse mense het nog nooit ons atlete teleurgestel nie. Ons is wie ons is, as gevolg van hulle,” het Nadal gesê.

Rugby:

  • Volgens mediaberigte het Engeland se hoofafrigter, Eddie Jones, tot ’n salarisvermindering van 25% ingestem.

Jones is die wêreld se hoogsbetaalde afrigter en verdien R15,8 miljoen per jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.