Vandag se sportnuus

AB de Villiers. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Die voormalige Protea-kaptein, AB de Villiers, het op sosiale media gesê die gerugte is ongegrond dat hy deur Krieket Suid-Afrika genader is om die nasionale span weer op die veld te lei.

Volgens ’n berig wat in die gesaghebbende krieketpublikasie Wisden verskyn het, is die 36-jarige ster deur KSA genader om die Proteas weer aan te voer.

Quinton de Kock is pas as die nuwe kaptein in witbalkrieket aangewys, terwyl Faf du Plessis se opvolger in die toetsarena nog nie gekies is nie.

De Villiers het in 2018 uit internasionale krieket getree en is sedertdien by verskeie T20-reekse oor die hele wêreld in aksie. Hy is onlangs deur ’n paneel van voormalige Indiese krieketspelers as die beste kolwer in die geskiedenis van die IPL aangewys.

“Van my kant af is daar ’n begeerte om weer vir Suid-Afrika te speel en ek is deur KSA gevra om weer die Proteas te lei,” is die aanhaling wat in Wisden gebruik is.

Hoewel De Villiers al in gesprek met die Protea-bestuur oor ’n moontlike terugkeer vir die T20-Wêreldbeker in Australië was, het hy vinnig op sosiale media reageer dat die kapteinskapgerugte ongegrond is.

“Die berigte wat daarop sinspeel dat Krieket Suid-Afrika my gevra het om die Proteas te lei, is onwaar. Dit is moeilik om te weet wat jy deesdae kan glo of nie. Dis mal tye; wees veilig, almal,” het hy op sosiale media geskryf.

Atletiek:

  • Met die nuwe afsonderingsregulasies wat om middernag in werking tree, mag lede van die publiek onder streng voorwaardes oefen.

Jy mag gaan hardloop, fietsry en stap, maar slegs in jou woonbuurt (nie verder as 5 km van jou huis af nie) en slegs tussen 06:00 en 09:00 in die oggend. Geen georganiseerde groepe mag saam oefeninge doen (byvoorbeeld hardloopklubs) nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.