Vandag se sportnuus

Siya Kolisi word deur sy spanmaats gelukgewens na sy pragdrie teen die Hane op Kingspark in Durban op 17 Junie 2017. Foto: GB Jordaan

Rugby:

  • Die Rugby World-publikasie het die Bok-kaptein Siya Kolisi as die invloedrykste persoon in wêreldrugby aangewys.

“Kolisi is ongetwyfeld op die oomblik die invloedrykste man in rugby. Hy is waarskynlik ook die mees visionêre en moedigste,” het Stephen Jones in die Augustus-uitgawe geskryf.

“Hy het waardering vir die potensiaal van rugby, terwyl hy ook oor die nodige gesag en intelligensie beskik; hy weet presies wat hy sê.”

Volgens Rugbyrocks.com het ander Suid-Afrikaners, onder wie Rassie Erasmus (6), Jurie Roux (15) en Jacques Nienaber (43), ook die lys gehaal.

Die omstrede Engelse slot en moontlike kaptein van die Britse en Ierse Leeus, Maro Itoje, is derde op die lys.

Die top‑10 van Rugby World se invloedrykste persone in wêreldrugby:

  1. Siya Kolisi
  2. Bernard Laporte
  3. Maro Itoje
  4. Warren Gatland
  5. Nick Clarry
  6. Rassie Erasmus
  7. Claude Atcher
  8. Eddie Jones
  9. Éanna Falvey
  10. Katie Sadleir
  • Volgens SANZAAR se uitvoerende hoof, Andy Marinos, is daar ’n moontlikheid dat die Rugbykampioenskap steeds vanjaar kan voortgaan.

In ’n onderhoud met stuff.co.nz het Marinos gesê dat die kampioenskap in Oktober kan afskop en dat al die wedstryde in Wes-Australië gespeel word.

Krieket:

  • Die eerste toets tussen Engeland en Wes-Indië begin môre op Southampton.

In ’n opwarmingswedstryd vir die Engelse spelers het James Bracey (85) en Ollie Pope (55) met die kolf uitgeblink. Dan het James Anderson en Jofra Archer bestendig geboul.

Albei spanne sal met die Black Lives Matter-embleem op hul hemde speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.