Vandag se sportnuus

Frans Steyn. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Die man wat saam met die Springbokke die Wêreldbeker in 2007 en in 2019 gewen het, Frans Steyn, is terug in Bloemfontein.

Die 33-jarige het lank sy rugby in Frankryk en in Japan gespeel, maar hy het besluit om sy loopbaan by die Cheetahs voort te sit. Hy het ’n kontrak van twee jaar met Hawies Fourie se span onderteken.

Steyn het in 2005 aan Grey Kollege matriek behaal.

  • Bepalings vir die naweek se rugbywedstryde in Nieu-Seeland en Australië:

Vandag: Rebels vs Reds (11:05)

Saterdag: Crusaders vs Blues (09:05); Waratahs vs Force (11:15)

Sondag: Hurricanes vs Highlanders (05:35)

Die wedstryde sal op SuperSport uitgesaai word.

Krieket:

  • Wes-Indië se kaptein, Jason Holder, spog met ’n boulontleding van 6/42 in die eerste toets teen Engeland op Southampton.

Hy het van Zak Crawley, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Jofra Archer en Mark Wood ontslae geraak om die tuisspan tot 204 in hul eerste beurt te beperk.

Die Windies is tans op 57/1 in hul eerste beurt met Kraigg Brathwaite en Shai Hope voor die paaltjies.

Die legendariese Brian Lara het vóór die wedstryd begin het, voorspel dat Wes-Indië nie kwaai teenstand sal bied nie.

F1:

  • Die tweede wedren van die hernieude F1-kalender spring Sondag om 15:10 op die Spielberg-renbaan in Oostenryk weg.

Mercedes se Valtteri Bottas het die eerste wedren gewen, met Ferrari se Charles Leclerc in die tweede plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.