Vandag se sportnuus

RG Snyman. (AP Photo/Mark Baker)

Rugby:

  • Suid-Afrika se Damian de Allende en RG Snyman is gereed om die naweek hul buiging vir Munster te maak wanneer hulle teen Leinster kragte meet.

Johann van Graan, die span se breier en voormalige Bok-hulpafrigter, is opgewonde om die Wêreldbeker-duo in sy span se geledere te hê.

“Hopelik sal ons sommer uit die staanspoor sterk begin, maar die ouens sal eers weer aan alles gewoond moet raak. Dit is egter ongelooflik opwindend om spelers van hul kaliber deel van die groep te hê en ek is opgewonde om hulle in die Munster-trui te sien,” het Van Graan gesê.

Die naweek se bepalings:

Benetton teen Zebre (vandag om 19:55 op SuperSport 1)

Scarlets teen Cardiff Blues (Saterdag om 16:00)

Glasgow Warriors teen Edinburgh (Saterdag om 18:15 op SuperSport 1)

Leinster teen Munster (Saterdag om 20:35 op SuperSport 1)

Ospreys teen Dragons (Sondag om 15:15)

Connacht teen Ulster (Sondag om 17:30 op SuperSport 1)

Krieket:

  • Die derde toets tussen Engeland en Pakistan begin vandag in Southampton.

Die tuisspan het die eerste toets gewen, terwyl die tweede toets ’n vervelige affêre was – slegte weer het spel gereeld in die wiele gery.

Hoe die spanne kan lyk:

Engeland: Dom Sibley, Rory Burns, Zak Crawley, Joe Root (kaptein), Ollie Pope, Jos Buttler (paaltjiewagter), Chris Woakes, Sam Curran, Jofra Archer, Stuart Broad en James Anderson.

Pakistan: Shan Masood, Abid Ali, Azhar Ali (kaptein), Babar Azam, Asad Shafiq, Fawad Alam, Mohammad Rizwan (paaltjiewagter), Yasir Shah, Shaheen Afridi, Mohammad Abbas en Naseem Shah.

MotoGP:

  • Die brullende motorfiets-aksie is die naweek weer in Oostenryk op die Spielberg-renbaan.

Suid-Afrika se jong sensasie, Brad Binder, is tans vuurwarm nadat hy twee weke gelede die Tsjeggiese Grand Prix gewen het.

Die wedren begin Sondag om 14:00 en sal op SuperSport uitgesaai word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.