Vandag se sportnuus

Caster Semenya. Foto: (AP Photo/Kamran Jebreili)

Atletiek:

  • Die Switserse hooggeregshof het bevestig dat Caster Semenya se 800 m-atletiekdae dalk verby is totdat sy instem om medikasie te gebruik wat sal help om haar testosteroonvlakke te verlaag.

José María Odriozola, ’n Spaanse professor in biochemie en lid van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF), het verlede jaar gesê dat Semenya meer testosteroon as die meeste mans het, en daarom ’n onregverdige voordeel het.

Semenya het in Mei 2019 ʼn grensverskuiwende saak teen die IAAF voor die hof vir sportarbitrasie (CAS) verloor, wat beteken sy moet medikasie gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag as sy voortaan aan spesifieke items wil deelneem.

Sy het teen die uitspraak geappelleer, maar daar is ook gister teen haar beslis.

“Die federale hooggeregshof van Switserland het na baie maande se beraadslaging besluit om nie ’n uitspraak deur CAS teen die Olimpiese gouemedaljewenner, Caster Semenya, tersyde te stel nie,” het die hof in ’n verklaring gesê.

Ingevolge die beslissing sal Semenya nie aan items soos die 400 m, 800 m en 1 500 m mag deelneem nie.

Die Suid-Afrikaanse ster het egter op haar amptelike Twitter-rekening geskryf dat ’n persoon reëls en regulasies kan aanpas, maar dat hy nie haar lewe kan beheer nie.

“Ek is baie teleurgesteld in die hof se beslissing, maar ek sal nie toelaat dat Wêreldatletiek vir my voorskryf óf my keer om te wees wie ek is nie,” het sy gesê.

Sy het reeds vantevore aangedui dat sy nou op die 200 m-item vir die komende Olimpiese Spele sal konsentreer.

Krieket:

  • Australië het die derde en laaste T20-wedstryd teen Engeland met vyf paaltjies in Southampton gewen.

Die Aussies moes 146 vir ’n oorwinning jaag en Mitchell Marsh (39) het die wa deur die drif getrek nadat hulle op 87/4 wankelrig vertoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Sy sal uitstekend pryk in ‘n “red bull” advertensie.

JohanEtz ·

As hy so graag as ‘n vrou gesien/erken wil word, waarom met ‘n vrou trou?

Jones ·

Caster is geen vrou nie. Sy geslagsorgaan is ‘n frats. Hy het feen baarmoeder, eierstokke of borste soos ‘n vrou nie. Dis geen prestasie dan manlike deelnemers vinniger as vrouens is nie. Hy weet baie goed dat hy nooit sal wen as hy teen mans moet kompeteer nie

MakersMark ·

Hy sal nie eers seuns o/19 800m op ‘n goeie interhöer wen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.