Vandag se sportnuus

Karla Pretorius. Argieffoto.

Netbal:

  • Daar is maar net een Karla Pretorius en dit maak glad nie saak of sy vir die Proteas of vir haar span in Australië speel nie; sy palm die een toekenning na die ander in.

Die 30-jarige oudleerling van Hoërskool Zwartkop in Pretoria is pas vir die derde agtereenvolgende jaar as die Sunshine Coast Lightning se speler van die jaar aangewys.

“Karla is ongetwyfeld die beste verdediger ter wêreld en dit is van onskatbare waarde om haar in die span te hê,” het Kylee Byrne, die Lightning se hoofafrigter, gesê.

“Om hierdie toekenning vir die derde agtereenvolgende jaar op te raap, spreek boekdele van haar waarde; nie net as ’n atleet nie, maar ook as ’n individu. Sy werk ongelooflik hard en sal altyd die span eerste stel.”

Pretorius is gedurende verlede jaar se Wêreldbeker-netbaltoernooi in Engeland ook as die speler van die toernooi aangewys.

Krieket:

  • In gister se IPL-wedstryd het die Kings XI Punjab – ten spyte van Shikhar Dhawan se onoorwonne honderdtal –die Delhi Capitals met vyf paaltjies gewen.

Vir die Capitals het Suid-Afrika se Kagiso Rabada weer eens met die bal uitgeblink. Hy het 2/27 in sy vier boulbeurte geneem.

Sokker:

  • Manchester United het Paris Saint-Germain gisteraand in ’n Kampioeneliga-kragmeting met 2-1 geklop.

Marcus Rashford het die wendoel vir die Engelse aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.