Meer as 20 000 mense het teen Donderdagmiddag tou gestaan om wyle oud-pres. Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria, waar hy in staatsie lê, te besigtig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "parkeer en ry gebiedie"
Foto’s: Duisende daag op om Madiba in staatsie te sien lê
Duisende mense van verskillende kulture het Woensdag tou gestaan buite die Uniegebou in Pretoria in ʼn poging om vir oulaas wyle oud-pres. Nelson Mandela te sien terwyl hy daar in staatsie lê.
Mandela: Parkeer-en-ry-gebied weer oop ná “uitdagings”
Die Tshwane-metro het laat Woensdagaand besluit om die parkeer-en-ry-gebied by Fonteinedal in Pretoria te sluit vir mense wat busse vandaar wil haal om wyle oud-pres. Nelson Mandela se oorskot by die Uniegebou te sien waar hy sedert Woensdag in staatsie lê.