ʼn Man van Japan het op ʼn jaarlange rooftog gegaan en sowat R1 850 000 gesteel om 120 katte ʼn fynproewersdieet te laat volg.
Lees meerAlles vir Donderdag 12 Desember 2013
Mandela-foto word versprei
ʼn Foto, wat glo van voormalige president Nelson Mandela geneem is terwyl hy by die Uniegebou in Pretoria in staatsie lê, is op Twitter gepubliseer.
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister vir mense met gestremdhede, het Donderdag gesê dit was ʼn fout om van Jantjies se dienste gebruik te maak vir die gedenkdiens van oud-president Nelson Mandela, maar dit is nie iets waaroor Suid-Afrika verleë hoef te voel nie.
Parkeer-en-ry-gebiede moes Donderdag vroeg sluit
Parkeer-en-ry-gebiede moes Donderdagmiddag omstreeks 15:00 sluit omdat te veel mense opgedaag het om na die Uniegebou vervoer te word waar oud-president Nelson Mandela in staatsie lê.
Tuinier bely moord op bejaarde
ʼn 30-jarige man het Donderdag homself aan die polisie oorgegee en bely dat hy ʼn 73-jarige vrou van Aliwal-Noord vermoor het.
Muilbandwet toe nié geteken nie
Daar was Donderdag verwarring of die omstrede Wet op die Beskerming van Staatsinligting (Inligtingswet), oftewel die Muilband- of Snoerwet, amptelik onderteken is. Die parlement het egter intussen bevestig dat die wet nie onderteken is nie.
Aanklagte teen bloulig-lyfwagte laat vaar
Die aanklagte van poging tot moord teen twee burgemeester-lyfwagte wat glo op ʼn motoris op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal losgebrand het, is laat vaar, het die Pinetown-landdroshof Donderdag aangehoor.
Tlokwe nou terug na ANC
Die ANC sal weer ‘n volstrekte meerderheid in die Tlokwe-munisipaiteit hê nadat dié party se kandidate al ses tussenverkiesings gewen het.
Meer as 20 000 staan tou om Madiba te groet
Meer as 20 000 mense het teen Donderdagmiddag tou gestaan om wyle oud-pres. Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria, waar hy in staatsie lê, te besigtig.
Skarefinansiering as alternatief vir die entrepreneur
Hoe gebruik jy skarefinansiering om jou besigheidsplan te befonds?
Waarom sal ek my eie besigheid wil begin?
Prof Bernie van Zyl van die Riskflow Instituut bespreek hoekom jy jou eie besigheid sal wil begin.
‘n Paar praktiese wenke vir die entrepreneur
Etienne Raymond van Riskflow Instituut gee ‘n paar praktiese wenke rondom entrepreneurskap.
Wat is sosiale entrepreneurskap?
Vivienne Schultz van die Business for Empowerment Trust verduidelik wat sosiale entrepreneurskap behels.
Mannetjies Roux bekoor op grootskerm
Bosbok Ses Films wat voorheen rolprente soos Roepman en Verraaiers na die grootskerm gebring het se nuwe Afrikaanse fliek, Stuur Groete aan Mannetjies Roux begin op 13 Desember 2013 by teaters draai.
Hoe lyk die plaaslike landskap vir entrepreneurs?
Dawie Roodt van die Efficient Groep gee ‘n oorskou oor entrepreneurskap in Suid-Afrika.
Waarmee moet ‘n entrepreneur rekening hou?
Emil Nothnagel van Local Economic Development Consortium verduidelik watter uitdagings ‘n entrepreneur mee rekening moet hou.
Waarom vou besighede dikwels?
Louis van der Watt van Atterbury Groep verduidelik waarom ondernemings misluk.
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Regterpresident Frans Kgomo het Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley sy besluit bekend gemaak of die moordverhoor van die tiener, wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, uitgestel moet word.
Wat is entrepreneurskap?
Marthinus Visser van Akademia gee ‘n oorskou oor entrepreneurskap.
Arno Jordaan word pa
Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, het Donderdag die trotse ouers geword van ʼn babaseuntjie, Milan. Dit is die egpaar se eersteling.