Baie beroepe kan swig voor rekenaars en robotte

Grafika: radio.foxnews

Grafika: radio.foxnews

Die helfte van die beroepe in België kan binne 20 jaar deur rekenaars en robotte oorgeneem word, aldus ‘n vooruitskouing wat deur ING België gedoen word. ING België is ‘n filiaal van ING-groep , ‘n internasionale bankmaatskappy.

Volgens die ondersoek loop ‘n derde van die beroepe ‘n groot gevaar, maar dis veral die tipe beroepe wat in gevaar verkeer wat die oë laat rek – administratiewe poste, verkopers, huiswerkers en boekhouers.

Altesaam 420 beroepe is in die ondersoek onder die loep geneem.

Die ondersoekers maan egter dat die syfers met ‘n knippie sout geneem word. Terwyl sekere werksgeleenthede beslis sal verdwyn, toon navorsing aan die KU Leuven dat elke nuwe werkgeleentheid in die hoëtegnologiesektor tot nog vier werksgeleenthede in dieselfde streek lei.

Lees die volledige berig in De Standaard.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Digitaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae