Die Kepler-ruimteteleskoop het nog 1 284 eksoplanete gevind, waarvan nege volgens hul grootte waarskynlik rotsplanete is en in hul onderskeie sterre se bewoonbare sone wentel.
Met die jongste aankondiging is die totaal bevestigde eksoplanete nou meer as verdubbel. Die nuwe planete het almal aan die kriteria van minstens 99% sekerheid voldoen.
Nog sowat 1 300 kandidaatplanete is geïdentifiseer wat nie die 99% sekerheidsgrens kon behaal nie.
Paul Hertz, NASA se hoof van astrofisika sê dat voor Kepler gelanseer is, was wetenskaplike onseker of eksoplanete skaars, of volop sou wees. Danksy Kepler is dit nou bekend dat daar meer planete as sterre in die Melkweg kan wees.
Lees meer: NASA
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Dit is nou goeie nuus. As ‘n mens na die skepping van GOD kyk, kan ons nie alleen in die heelal wees nie. Die sterrekunde is my passie. Net jammer die mense se lewe is so kort! As dinge net viniger kon gebeur en die verskriklike afstande net gouer oorkom kon word. Die spoed van lig wat vir ons mense kinders duiselwekend is is terme van die heelal hopeloos te stadig. As daar maar net ‘n Alien Tegniese Span “engineers” vir ons wil kom kuier en vir ons die inligting (bloudruk) gee om viniger as Lig te vlieg!!
Ekwllibruim, Jy is n man na my hart. Kan ek saam met jou vlieg? Groete. Theuns.
Ek hoop nie ons loop ‘n Swart Gat raak nie!
Kyk nou net hoe lees die man tussen die lyne. Mooi man!
Die ontdekking van ‘n tegniese beskawing (of beskawings) ver meer gevorderd as ons jong beskawing (4 of 500 jaar?) sal die einde van die meeste godsdienste op hierdie planeetjie beteken – en soos ons tegnologie meer verfynd word, verhoog dit die moontlikheid dat so ‘n ontdekking binnekort gemaak sal word. Hul sal eenvoudig wegsmelt soos sneeu voor die warm son. Die idee dat die sogenaamde “kroon” van die skepping onttroon is, sal egter moeilik gesluk word deur die slapende massas. Hul sal egter nie ‘n keuse hê nie. Aan die ander kant – miskien is dit hulle wat ons sal… Lees meer »