ʼn Man van Hongkong is Sondag in China in hegtenis geneem nadat hy 94 iPhone-toestelle deur doeane wou smokkel.
Inspekteurs het gesê hy het hulle aandag getrek toe hy snaaks geloop het, berig Shenzen People’s Daily.
Die man het die selfone netjies in plastiek verpak en dit om sy lyf en bene vasgebind met kleefband.
Die waarde van die iPhone 6- en iPhone 5S-selfone beloop ongeveer 300 000 yuan (meer as R560 000).
Lees meer: Consumerist, CNN
Gee die man ‘n halwe kilogram renosterhoring in, sit al die fone op vibrate, en kyk of die renosterhoring regtig werk. Kitsoplossing vir die stropery?